Huldeblyk: Dr Willem Cruywagen FW de Klerk HULDEBLYK: DR WILLEM - TopicsExpress



          

Huldeblyk: Dr Willem Cruywagen FW de Klerk HULDEBLYK: DR WILLEM CRUYWAGEN Dit is met groot hartseer dat ek verneem het van die afsterwe van my vriend en oud-kollega Willem Cruywagen. Vir sy vriende was hy kosbaar. In die samelewing het hy dwarsdeur sy lewe en tot met sy dood ‘n konstruktiewe bydrae gelewer. Hy was onkreukbaar en altyd positief. In die politiek het hy hom onderskei in al die posisies wat hy beklee het. In die besonder was hy uitnemend in sy rol as administrateur van die provinsie Transvaal. Ook in die Afrikaanse kultuurlewe was hy ‘n kragtige rolspeler waarvan sy leierskap rondom die Voortrekkermonument ‘n goeie voorbeeld is. Ek huldig sy nagedagtenis. Willem Cruywagen het in ons land ‘n verskil ten goede gemaak. FW DE KLERK 12 JULIE 2013
Posted on: Sat, 13 Jul 2013 10:44:31 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015