Jesus was ook net ‘n nommer gewees toe Sy ouers met Hom - TopicsExpress



          

Jesus was ook net ‘n nommer gewees toe Sy ouers met Hom Jerusalem toe is om in die sensus opname getel te word. Vir baie by die tempel en dít is NIE JESUS SE OUERS HIERBY INGESLUIT NIE, het Jesus die Woord geopenbaar. Hy het Sy Vader se wil bekend gemaak aan die wat wou luister. Is Jesus vir jou ook net ‘n nommer vandag op jou lewenspad, vergete by die tempel wat jy Sondag besoek het, drie dae terug. Maak vandag, nee, nou Jesus jou prioriteit in jou doen en late. Maak Hom deel van jou gedagtes, nie net deel nie, maar jou alles in gedagtes. Moet nie so ingedagte raak en Hom verloor op die pad wat jy loop, wie weet waarheen. Om nie by Jesus te wees, dít is verspeelde tyd, tyd wat jy nie kan inhaal nie, want jy sal moet omdraai soos Josef en Maria; opsoek na die waarheid. Neem die Waarheid: Jesus Christus, altyd saam met jou, moet nie uitstel en: “ek het gedink” redeneer nie. As jy nie seker is, maak seker, dit kan te laat wees, want jy het dalk nie omdraai tyd soos Josef en Maria nie. Jesus! Padkaart van my lewe.
Posted on: Sun, 20 Oct 2013 05:27:42 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015