MEDIAVRYSTELLING Datum: Junie 2013 Uitgereik deur: Eloise Geskryf - TopicsExpress



          

MEDIAVRYSTELLING Datum: Junie 2013 Uitgereik deur: Eloise Geskryf deur: Kobus Burger Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester: Tel: 011 475 2187; Sel: 082 554 8453; E-pos: [email protected] LUISTER MY SIEL – ELOISE Presies ‘n kwarteeu sedert Eloise Saayman die treffersparades met liedjies soos Manolito, La-France en Wanneer ons dans gestormloop het, debuteer sy met ‘n gospelalbum. Luister my siel is Eloise se terugkeer tot die musiekbedryf, maar hierdie keer met altesame tien liedjies en haar spesiale sielsgenesingsboodskap. Eloise, wat deesdae in Witrivier in Mpumalanga woon, het al op sestien jaar begin sing en toe sy negentien jaar oud was haar eerste platekontrak met Transistor Musiek gesluit. Haar gewildheid het nie grense geken nie en sy was gereeld op al wat ‘n TV-musiekprogram – van Teletreffers tot Sing Country en Noot vir noot. Luister my siel bevat egter nege liedjies wat dié inspirende sangeres en liedjieskrywer self geskryf het. Help Me is die enigste snit wat nie uit haar pen is nie. Die titelsnit is haar gunsteling op die album en is verlede jaar in Junie geskryf. “Ek het dit geskryf toe ek 03:00 die oggend wakker geword het van ‘n lieflike geestelike droom. Die Heilige Gees het met die woorde en melodie gehardloop en ek moes behoorlik bybly. Sowat tien minute later, toe is dit klaar. Ek het nie eens een woord van die lied verander nie.” Die nuwe album is ‘n mengsel van lofprysing, gospel en selfs opgewekte kitaarklanke. Deon van der Merwe is die uitvoerende regisseur en ook die een wat die kitare so mooi laat saampraat op liedjies soos Jesus Star Breather, Help Me en Deur Jesus mag ek! Van der Merwe is al met ‘n Suid-Afrikaanse Musiekprys (Sama) bekroon vir sy album, Kitaarjolyt. Vinnie Henrico was agter die tromme, terwyl Eloise en Hanalie Burger die agtergrondstemme verskaf het. Op Luister my siel glip Eloise ewe gemaklik tussen Engelse en Afrikaanse liedjies, terwyl sy aan haar gospeldeuntjies ‘n eietydse, vars en moderne klank bied. “Op my CD én tydens my vertonings wil ek die gehoor verseker dat een en almal met ‘n glimlag sal huis toe gaan en weet daar is nog hoop in ‘n hopelose wêreld. Ek wil elkeen diep raak en met ‘n tinteling op die maag laat.” Eloise was vir sowat ses jaar lank ‘n omroeper by Radio Laeveld en het ook haar eie promosiemaatskappy in Nelspruit bedryf. Tans wy sy haar lewe aan die uitbreiding en verkondiging van die Evangelie. Luister my siel is alles behalwe ‘n gemiddelde gospel-album. Dit is bowenal luisterliedjies, maar geestelike musiek wat die hartskamers met warmte sal vul en terselfdertyd elke hart vlerke sal gee deur die sielskos wat Eloise met haar strelende stem hier opdis. eloise888.c
Posted on: Mon, 24 Jun 2013 09:19:52 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015