Mabalêl - Eugéne N. Marais (1871 - 1936) vinnig langs die - TopicsExpress



          

Mabalêl - Eugéne N. Marais (1871 - 1936) vinnig langs die paadjie trippel Mabalêl; vrolik klink die liedjie wat die klingelinge van haar enkelringe vergesel. Op die voetpad sy alleen, met die skadus om haar heen; op haar kop die kruik gelig in gedienstig ewewig. Golwend kleur die hemelboog, stadig sterf die laaste lig, en van verre deur die skermmure winkend blink die eerste vure. Wydgestrek in eensaam vrede lê Rakwen, die stille, brede; glansend in die westerpraal, met n ceintuur in sy diepte van koraal. En die witgepluimde riet sing n treurig wiegelied, en buigend vleg n silwersoom al om die diepgespieëlde hemelkom. Wag, wag, Mabalêl! Is daar niks wat jou vertel - is daar niks wat deur die duister bang en dringend in jou ore fluister van die vreeslike gesel wat jou vrolik lied beluister, wat jou spoor hou, Mabalêl? Word jy niks gewaar van n driegende gevaar? Voel jy nog nie, kil en snood, om jou hart die skadu van die dood? Ver benee die palmietstele in die bloue duister wag Lalele, kwintessens van alles boos, die Wreedheid self, meedoënloos; met lydsaamheid wat alles kan ontbeer, wat tyd en toeval kan trotseer; wat seker as die Noodlot van sy dag stil-wakker in die diepte op sy ure wag. Deur winterkou en somergloed, Deur blakend droogte en swelgend vloed Deur al die kerende tafrele, In syu diepte wag Lalele. As die straaltjie in die sand deur n vlam-geskroeide land tussen walle dor en vaal skaars die rotse van Rakwena haal, en die hulsels van die riet n rouband bind van swart verdriet om die groenbedekte kuil waar die laaste water skuil en die sugtend; wind versmag deur n woedend son verkrag - roerloos by die skepplek hou Lalele wag! En wanneer in donker nagte rasend losbreek al die magte van geweld en storm en vloed, en Rakwen; omring van angsgeskreeu, smagtend sig nog eens te wreek, soos n swaar gekweste leeu swart en brullend deur die bome breek; - blinkend uit die donker kolk, - vlieg n vlammend dolk, - wat deur stormbanke dig n wêreld van verwoeste loof verlig - ongeroer deur al die groot krakele in sy diepte wag Lalele! Droom sy op die kantjie, Mabalêl, tot haar hart verlangend swel; in haar peinse ongedeer, staar sy in die diepte neer, staar sy in die spieëlgewelf met die donker reeds omsoom - tot sy, dromend, self deel word van n salig droom; uit die wêreld omgekeer lokkend lag haar beeldjie weer. Stadig deur die rietpensele opwaarts uit die diepte rys Lalele. Skud jou wakker, Mabalêl! Sien jy nie die skadu opwaarts wel? - Naar die hoogwal, Mabalêl! Hou jou mymering vir later - nooit had veg of wilg in water so n gespieëlde metgesel! Nooit n skrikbeeld uit die holte van die nag, wat die dromer sug doen na die dag; nooit onheilige gedaante uit die diepte van die hel half so dreigend, half so fel as dié skadu, Mabalêl, as dié skadu, wat benee jou uit die diepte opwaarts wel. Voorts jou voete, Mabalêl, deur die westergloor verhel, waar jy onbedagsaam staar, sonder ooit gedagte van gevaar, uit die stroomweg stadig dryf n halfverdrinkte blaar. Had jy spiere van n tier, of die vlerke van n gier, meidjie, niks sou dit jou baat, want te lank het jy gewag - te laat! Uit die spieëlvlak omhoog bars n skuimend; waterboog; oor Rakwena, kalm en breed, galm n enkel angsvol kreet; en dan saggies weer oor alles sak die stilte neeer. Winkend deur die skermmure helder blink die voornagvure. Uit die donker stilte, skel, klink geroep na Mabalêl en die rotse antwoord weer; maar terugkom sal sy ... nimmermeer. Stadig deur die rietpensele naar die diepte sak Lalele.
Posted on: Tue, 15 Oct 2013 18:03:23 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015