Mosbeskuit 4 k Koekmeel 1 E Sout 4 k Suiker 1 ½ E Anys 500 g - TopicsExpress



          

Mosbeskuit 4 k Koekmeel 1 E Sout 4 k Suiker 1 ½ E Anys 500 g Botter 3 k Soetmos Louwarm water om aan te maak Metode: As mens mosbeskuit bak, suur mens direk in met die soetmos en nie met ander gis nie. Jy moet die vorige aand begin. Sif die koemeel en sout saam en meng die suiker en anys by. Vryf die botter in die meel- mengsel in. Maak dit nou aan met jou soetmos en genoeg lou waterom ‘n redelik stywe deeg te vorm. Die deeg moet nou vir 45 minute geknie word, moenie verneuk nie dan flop jou beskuit, Plaas die deek in ‘n kom en smeer ‘n lagie olie daaroor. Maak warm toe met ‘n kombers en laat oornag staan om te rys. Die deeg behoort in volume te verdubbel, anders het die deeg koud gekry. As dit nog nie reg is nie, plaas op ‘n warmer plek en laat eers uitrys. MOENIE DIE DEEG AFKNIE NIE. Vorm balletjies en pak hulle styf teenmekaar in gesmeerde broodpanne wat met meel bestrooi is. Vou die panne toe in die brooddoek en laat op ‘n warm plek staan om drie keer die oorspronklike grote te rys. Voorverhit die oond tot 180°C en bak die beskuit vir 45 minute. Keer die mosbolletjiesuit op ‘n afkoelrak. Smelt 1 E suiker in ‘n halfkoppie melk of water en smeer dit oor die bolletjies. Breek die beskuit in bolletjies en droog in die oond op 110°C.
Posted on: Thu, 08 Aug 2013 13:37:28 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015