Sewe mense is dood en 19 beseer in n botsing tussen n taxi en n - TopicsExpress



          

Sewe mense is dood en 19 beseer in n botsing tussen n taxi en n bakkie in Mpumalanga. Die ongeluk het by Nkomazi gebeur. Die woordvoerder van veiligheid en sekuriteit in die provinsie - Joseph Mabuza - sê 17 van die beseerdes is in n kritieke toestand in die hospitale in Tonga en Shongwe. Hy sê die bestuurder van die bakkie het beheer daaroor verloor waarna dit teen die aankomende taxi gebots en omgeslaan het. Albei voertuie het aan die brand geslaan. RSG
Posted on: Sat, 23 Nov 2013 19:03:46 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015