Sterretjie Olivier Fiksheidswenke Uit Die Bybel Strek - - TopicsExpress



          

Sterretjie Olivier Fiksheidswenke Uit Die Bybel Strek - Oefeninge Vergeet die dinge wat agter is en strek jou uit na wat voor is. Filippense 3:14 Asemhalings - Oefeninge Laat alles wat asemhaal, die Here prys. Psalm 150:6 Brein - Oefeninge Watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees, daarop moet julle julle gedagtes rig. Filippense 4:8 Oog- Oefeninge Die oog gevestig op Jesus,die begin en voleinder van die geloof. Hebreërs 12:2 Gesig - Oefeninge Wees altyd bly in die Here, ek herhaal wees bly. Filippense 4:4 Oor - Oefeninge Elke mens moet maar gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. Jakobus 1:9 Tong - Oefeninge Met dankbaarheid in julle harte moet julle Psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. Kolossense 3:16 Been - Oefeninge Versterk daarom die slap hande en die lam knieë en loop die reguit pad. Hebreërs 12:12 Hart - Oefeninge Skep vir my ‘n rein hart o God, vernuwe my Gees en maak my standvastig. Psalm 51:12 Nek - Oefeninge Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie want ek is jou God. Jesaja 41:10 Hand - Oefeninge Ek strek my uit in gebed na U toe. Psalm 143:6 Ontspannings - Oefeninge Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. 1 Petrus 5:7 Lekker Oefen! Veda
Posted on: Thu, 22 Aug 2013 05:16:55 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015