VERLOSSING EN VRYMAKING VAN FISIESE EIENDOMME DEUR GEBED TEN EINDE - TopicsExpress



          

VERLOSSING EN VRYMAKING VAN FISIESE EIENDOMME DEUR GEBED TEN EINDE DIE VYAND TE ONTWAPEN BEGINSELS VóóR DIE STRYD 1. Gebedstryders moet belydenis doen van persoonlike sonde, vergiffenis ontvang en deur die Bloed van die Lam gereinig word. 2. Gebed vir beskerming van elke area van krygers en verklaring van verbondsregte oor elke area van gebedskrygers se lewens, met inbegrip van naby en uitgebreide familie, persoonlike verhoudings, fisiese eiendom en besittings, lewende hawe en troeteldiere, gawes en salwing en bedieninge, en persoonlike profesieë. Gebedskrygers moes self al deur deeglike bevryding gegaan het, veral in die area van oorgeërfde ongeregtighede. 3. Dit is n drieledige proses wat bestaan uit: a) Sondebelydenis namens húlle wat die sonde gepleeg het. Bring die sondes wat geopenbaar is een vir een voor God namens hulle wat die sonde gepleeg het en vra Sy vergiffenis. Moenie vra dat God hulle vergewe nie; sê God, vergewe ons - staan in die bres. Noem ook spesifiek enige sondes as gevolg van rituele wat deur Satan se dienaars uitgevoer is. Dit sluit in alle seksuele perversiteit, bloedoffers, swart en wit toorkuns, divinasie, heksery, vloeke, towerspreuke en inkantasies. Vra dat die Bloed van Jesus Christus van Nasaret die bloed wat om vergelding uitroep, sal stilmaak. Vra dat die gees van almal wat geoffer is in die hand van die Here oorgegee sal word. Vra God om sy Hand van Oordeel terug te trek oor die sonde wat gepleeg is.b) Aftakeling van demoniese strukture en uitdiensstelling van individuele demoniese magte. Bid dat enige demone wat deur hierdie sondes vereer is, uit hul magsposisies onttroon sal word. Verbreek die krag van alle towerspreuke, vloeke en inkantasies, keer alle rituele om en verander elke vloek in n seën. Vernietig alle getuies in die gees en werp neer alle altare en afgode wat opgerig is om Satan te vereer. Vra God om Sy Heilige Vuur te stuur om alle getuienis daarvan te verteer. Bid dat al die magte van die duisternis met doof, stom en blind geslaan sal word. Vra God om die hekwagters en bewakers van die eiendom se monde te snoer. Sny die eiendom los van die heersers en die territoriale demone en hul outoriteit en heerskappy. Vernietig die opdragpapiere van elke individuele demoon en onthef hulle van hul opdrag en posisie van outoriteit oor die plek. Bind alle geïdentifiseerde demone en beveel hulle om terug te val in die gees. Vestig nuwe grenslyne deur God te versoek om n muur van Heilige Vuur op te rig. Vra God om verwarring te bring in die kommunikasie en vereniging van die kommunikasiekanale wat daar in die gees tussen die demoniese magte is. Saai verwarring in hulle geledere en isoleer die demoniese magte van mekaar. Verbied hulle om enige fisieke objekte (gewyde klippe/grotte) en kragpunte, veral elektriese kragpunte, waterweë en die rioolstelsels as bronne van krag te gebruik. Verklaar dat die seisoen in die gees (hetsy dood, vernietiging, hongersnood, oorlog, aanbidding van mammon) oor die plek sal verander en verwyder alle demoniese baniere en dekrete. Verklaar die profesieë en planne wat in die hemele oor die eiendom uitgespreek is, nietig en kragteloos. Sluit alle ingange na die plek in die gees en seël die eiendom af. Vra God om al vier die elemente te reinig (vuur, lug, water, aarde). 63 Verklaar dat die eiendom verseël sal bly en dat die seël nie deur enige agente van Satan of demonies besette persoon verbreek sal word nieNeem outoriteit oor al die demone en bind hulle. Vra God om ook alle mensgeeste aan die heerskappy van Jesus Christus van Nasaret te onderwerp. Bid dat God alle demoniese magte wat die gebede van die heiliges probeer verhinder en teenstaan, sal oordeel en hulle uit hul posisies van hardnekkigheid en afgodery sal verwyder. c) Loslaat en inplanting van Goddelike saad en engelemagte en die Vuur van die Salwing van die Heilige Gees. Vra God om die teenwoordigheid van Sy Heilige Gees in daardie plek openbaar te maak en dat Hy Sy oorlogsengele, verbondsengele, koppelingsengele en bedieningsengele sal stuur om die plek te vul. Bid dat die Banier van die Here onse God, Jehovah Nissi, in die gees oor daardie plek opgerig sal word. Bid dat die Vuur van God jou sal omring en jou in die gees sal wegsteek. 4. Daar moet op n makro vlak sowel as op n mikro vlak gebid word. Dit beteken: a) Makro: Eiendomme en geboue is onderhewig aan territoriale demone en vestings. Ook aan seisoene in die gees sowel as aan demoniese planne wat volgens die hemele en die kamers van die maan en die son bereken is. b) Mikro: Individuele mense deur wie demoniese magte kan werk om die magte in die lug te versterk of met hulle saam te stem. 5. Om effektief te kan bid, is identifikasie van geestelike vestings en magte van die uiterste belang. Dit beteken dat jy vooraf, ná die gebed om beskerming, moet vra dat die goddelike inspirasie en openbaring van die Heilige Gees die werke van die duisternis aan die lig sal bring. Bid dat alle verborge dinge in die lig van God openbaar gemaak sal word en dat alle skadus en sluiers verwyder sal word, sodat die oë van die Gees deur visioene, woorde van wysheid en onderskeiding en uit die Skrif n openbaring sal ontvang van individuele magte en sondes wat gepleeg is. Vra God vir die vloei van die profetiese salwing. 64 Vra dat die gebede geen ongunstige nagevolge vir enige van die bidders tot gevolg sal hê nie en dat enige petisies in dié verband in die Naam van Jesus gekanselleer sal word.Verklaar die vrede en vreugde van God en die heerskappy van Jesus oor die plek. Gee God alle dank en eer vir alles wat Hy gedoen het. 65 AMEN. Let wel: Hierdie is bloot n riglyn en nie n formule nie. Laat jou asseblief deur die Heilige Gees lei. Hanteer elke situasie as uniek - daar is geen krag of salwing in godsdienstige rituele nie.
Posted on: Fri, 08 Nov 2013 07:55:50 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015