ʼn Pot vol lewe Dis ʼn lieflike somer oggend. Ek draf vinnig by - TopicsExpress



          

ʼn Pot vol lewe Dis ʼn lieflike somer oggend. Ek draf vinnig by die kwekery in om ʼn kliënt se vetplante bestelling op te laai. Die pragtige groen spekboompies trek my aandag en ek fluit vir Marius om ʼn ekstra een te laai vir my tuintjie. Later die middag is my spekboompie egter iets van die verlede. Een van die werkers het die kan diesel agter op die trokkie oopgelos en die diesel het bo-oor die spekboompie gespat. Sy blaartjies het reeds begin verkleur en die grond is pap-nat van die diesel. Vies, sommer baie vies sit ek die vernielde spekboompie agter die Wendy huis waar ek hom later sal weggooi. Dis twee weke later. Ek soek na die blou gieter, en loer agter die Wendy huis in. My mond val oop. ʼn Klein stukkie van die dooie, diesel-deurdrenkte spekboompie, het oorleef! Ek tel die potjie op en kyk na die natuur wonder. Net een takkie van die spekboompie het gras groen gebly en is besig om nuwe blaartjies te stoot. Ek vat onmiddellik die snoeiskêr, knip die gesonde takkie af, maak ʼn pot vol kompos, gooi ʼn miswurm en ʼn ekstra erdwurm in vir geluk en plant die takkie. As hierdie plantjie so graag wil leef, verdien sy ekstra liefde en aandag. Sommer so op my knieë, voor die blompot, dink ek aan die vrouens wat my omring. Baie van ons oorleef ten spyte van die diesel wat soms op ons gemors word. Ons klou vas, hou uit, stoot selfs nuwe blare in doodgaan tye. Al is die grond waar ons geplant is dood en sonder enige waarde, bly ons groen en lewendig, net soos hierdie spekboompie. My gebed vir jou is, dat jy met jou oë op God gerig, sal vasbyt. Jouself sal inwurm in Sy liefde. Sal aanhou dankbaar wees vir die son wat oor goed en sleg skyn. Nooit sal ophou bid en droom van ʼn uitplant dag in beter grond nie. Ek weet God beplan vir elkeen van ons ʼn pot met vrugbare grond en ʼn ekstra erdwurm net vir die liefde!
Posted on: Fri, 23 Aug 2013 06:26:10 +0000

Trending Topics



ht:30px;"> To all who were subjected to the unpleasant experience over the
Second ROK-China Public Diplomacy Forum to Take Place The
Alameda Merchants vs. Nevada Big Horns Season Series: Merchants
Hey, guys. I have a bit of an odd question, but thought this group

Recently Viewed Topics




© 2015