7de laan blog:: DIT het toe gebeur, mense! Altie en Paula is - TopicsExpress



          

7de laan blog:: DIT het toe gebeur, mense! Altie en Paula is platsak! Shame, hulle het nie ’n sent oor nie en hul groot myn-belegging was ’n moerse flop. Nou weier Paula om al die duur furniture terug te neem. Ek sou hulle graag wou jammer kry, maar dis moeilik aangesien hulle so aspris dom was. Pulani skud steeds daai hare en ek gee haar verbeelding vol punte. Sy skud daai winkelhare asof dit al jare daar hang. Slow down, meisa, jou nek kan lelik seerkry en jy kan klaar nie lees nie. Die lewe gaan jou nog pootjie en dan gaan jy hard op jou bek val. Felicity het ook nie ’n gewete nie en sy fire Paula. Jy fire wit mense op Heritage Day! As dit nie vir wit mense was nie, het jy nie vandag ’n man gehad nie. Jy sou ook nie kon loop nie, want ons almal weet tog dis van oulik maak met hom dat jy vandag kan draf. Gita se handlanger is ongelooflik useless. Die man is só oud en eenvoudig, maar nie Bernard óf Lindile kon hom keer van ontsnap uit die sportwinkel nie. Ek kon dit nie verstaan nie, want albei het hul help-my-sterk-lyk-T-shirts aangehad. Ek het só gehoop Lindile se val veroorsaak breinskade sodat hy kan vergeet wie Aggie is. Hul verhouding is in elk geval vreeslik boring. As hy haar los vir Bernard, sal ’n mens iets hê om oor te praat. Felicity skel arme Herman uit oor hy laat was vir aandete. Daar’s by die man se winkel ingebreek en jy worry oor jou vaal kos. Die dag as jou kos na iets lyk, sal die man dalk betyds wees vir opskep. Intussen moet jy bly wees die man worry nog om huis toe te kom. Sy skree “ons praat in sirkels”, maar sy vergeet sy swirl haar hare in sirkels. Nthabiseng kry bewyse dat die lawyers skelms is en expose hulle in die Times. Nou dink sy sy is op Special Assignment en wil glad akteurs aanvat oor abuse rumours. Jy skep jou eie pro­bleme, vroutjie. Die hoofrede vir al jou verdriet is dat julle ’n koerant publish sonder ’n enkele joernalis met ’n kwalifikasie. Intussen jaag Vanessa bruin mans met werke en titels weg. Vanessa, my skattebol, dié dinge val nie uit die lug nie. Jy gaan binnekort ’n enkelouer wees en dan gaan jy in jou dagboek huil. Jy is ondankbaar en selfsugtig. Emma se soort lewe is jou voorland. Emma jaag Marko weg nadat hy al haar spinnerakke afgestof het en ek dink dis verkeerd. Emma se moemfie was soos ’n dal van dood­skaduwee, maar Marko het sy man gestaan vir daai uit­daging. Die man verdien minstens ’n dankie. Bonita vertel Nadia hartseerstories oor haar verlede sonder ’n pa, maar Nadia is steeds kwaad vir Herman. Bonita het mý selfs emosioneel gemaak met daai sad storie, so dit was ’n bleddie goeie storie, maar ek glo vas twee warme klappe sal die kind vinniger laat bykom.
Posted on: Tue, 01 Oct 2013 05:05:39 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015