Aan n ware vriendin ek dink aan jou vandag Heer, ek bring hierdie - TopicsExpress



          

Aan n ware vriendin ek dink aan jou vandag Heer, ek bring hierdie wonderlike mense voor U voete neer Ek weet hul smag na U aanraking, weer en weer U ken hul pyn en U hoor al die baie smeek gebede Heer, stuur ‘n werkbare antwoord op hul vrae Dis alleen deur U liefde wat U hul dra Vul hul gedagtes met vrolikheid en dankbaarheid Verlos hul kind van sy probleme en gee hom ook vryheid Heer, ek weet U sien hul pogings en hoop Leer hom om saam met U te loop ‘n Klein skietgebedjie is hierdie paar woorde Maar U omring dit met soet akkoorde U plaas die woorde op die wind En bring berusting vir my vriend Heer, U genade is soveel grootter as enige probleem U liefde is meer as die sand van die see U lofprysing styg op na die engele koor En daar sing hulle dit vir U met ‘n soeteklank. Heer, dankie dat U ons help nog voor ons vra Dankie dat U ons hand nooit laat los My liefste Hemelse Vader U bring ons elke dag nader Heer, hierdie mense is spesiaal vir my Maar ek weet nog baie meer vir U Want U het hul elkeen na U beeld geskape maar tog is elkeen sy eie unike vorm en mens.
Posted on: Tue, 08 Oct 2013 06:16:27 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015