Die jingo is besig om reg te maak om weer die land oor te vat en - TopicsExpress



          

Die jingo is besig om reg te maak om weer die land oor te vat en slawe van ons te maak: dievryburger.co.za/2013/09/fw-se-gesprek-in-brittanje/ FW de Klerk, die voormalige NP leier en president van Suid-Afrika, het in Brittanje gesê dat Suid-Afrikaners nog nooit sedert hy die bewind aan Mandela oorhandig het, so moedeloos was soos nou nie. Hy het die uitlating gemaak tydens sy optrede verlede Vrydag in Foxhills, Engeland. De Klerk het ook gesê die gebeure van 1994 behoort as motivering te dien om die uitdagings die hoof te bied. Hy het ook gesê dat die ANC in 1987 reeds besef het dat pogings tot ’n revolusie gedoem was, en dat onderhandelinge ’n beter opsie is, en die val van die ou Sowjetunie is ’n bewys dat onderhandelings beter is as geweld. FW het ook verwys na die land se probleme, wat hy uitdagings noem. Hieronder val sake soos die onderwys, werkloosheid, swak openbare dienste en korrupsie. Hy het ook na die vakbonde verwys en meen die land het die swakste arbeidsverhoudinge in die wereld. Waarnemers en politieke ontleders het aan Die Vryburger gesê dit is opvallend dat De Klerk na die swak onderwys verwys, terwyl hy die versekering gegee het dat eie onderwys strukture behoue sal bly na die oorgawe van 1994. Dit is opvallend dat hy nie na die volksmoord verwys het nie, wat veroorsaak is deur sy oorgawe en die Nasionale Party se uiters swak onderhandelings, het een politieke ontleder gesê.
Posted on: Tue, 17 Sep 2013 17:40:02 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015