Dierbare moeder. (Ma) Ek weet dat ons in die verlede deur - TopicsExpress



          

Dierbare moeder. (Ma) Ek weet dat ons in die verlede deur verskriklik baie dinge gegaan het en vanaand plaas ek n briefief op facebook voor duisende mense en ek weet dat ma waarskynlik nie hierdie boodskap sal hoor nie, tensy God dit gaan aflewer by ma. Ek sal nooit kan vergeet van al die pyn wat ons deur gemaak het nie. Ek het nie regtig vir pa geken nie, Honyboy Bester, maar ek weet dat hy vir ma ongelooflik seer gemaak het toe hy vir Elmarie weg gegee het. Ma was magteloos. Geen moeder hoef so iets te beleef nie. Ek het al die jare gewonder waarom ek net nie goed genoeg was nie, tot sowat twee maande terug toe ek kyk na n foto van Honyboy Bester toe hy sowat twintig jaar oud was. Ek het tot n skok besef dat ek amper op n druppel soos hy gelyk het toe ek daardie ouderdom was. Nou kan ek verstaan dat ek nooit uit ma se mond kon hoor dat ma trots was op my nie. Ek het nooit gehoor dat ek ook vir ma kon gelukkig kon maak nie. Nou verstaan ek 100%. Na ma se verjaardag hierdie jaar het ek besef dat ma niks met my te doen wil he nie. Ek kon die irretasie in ma se stem hoor toe ek ma op moedersdag gebel het. Ma wou net nie van my hoor nie. Ma weet, as ek my gesig kon verander het, sou ek dit gedoen het vir ma, net om te kon sien dat ek tog iets beteken het al hierdie jare. Ek het altyd gewag vir daardie trotse kyk in ma se oe. Ek wag nog, maar ek dink nie dat ek dit sal sien nie. Vanaand wil ek he dat ma moet weet dat ek nog al die jare lief is vir ma, al het ma my afgeskryf. Ek het vir willie vergeef, al het hy my molesteer en ma weg gedraai van my af. Ek het gesmag daarna om net weer met ma te kan gesels, vir ma te wys hoe lyk Muis. Ek smag nog steeds daarna. Maar ek besef dat daar sekere opofferings in die lewe is. Van 1997 af het ek probeer om dinge reg te maak tussen ons. Ek besef vanaand dat ma nie wil nie. Jesus het my vry gemaak van al daardie pyn, maar ek sukkel om van die hartseer ontslae te raak as ek die teleurstelling in ma se stem hoor. Wat ek ook al gedoen het, jammer. My gebed is dat ma vir Jesus sal vind en ons eendag saam in die nuwe Jerusalem mekaar weer sal kan vashou. As hierdie boodskap ma moet vind, mag dit op vlerke van engele na ma kom. Ek het nou my eie familie waarvan ma nie wil deel wees nie, maar hulle is nou my eerste prioriteit. Soos n dame n rukkie terug op hierdie blad gese het, “vergeet die verlede en bou op die toekoms.” Ek sal nooit die vrou kan vergeet wat my in die lewe gebring het nie. Ek sal maar net altyd hoop. Ek se eers tot siens, ma, tot ma weer besluit het dat ons kan gesels. Mag die genade van God ons weer by mekaar bring, in hierdie lewe, of in die lewe hierna.
Posted on: Wed, 17 Jul 2013 18:44:02 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015