Dwelmmisbruik onder kinders het die afgelope sewe jaar verdubbel - TopicsExpress



          

Dwelmmisbruik onder kinders het die afgelope sewe jaar verdubbel en al hoe jonger kinders eksperimenteer met dwelms. So sê Grant Jardine, bestuurder van die jeuguitreikprogram by die Kaapstadse Dwelmvoorligtingsentrum waar hulle jaarliks tot 900 mense behandel. Volgens Mnr. Jardine het tussen ‘n derde en ‘n helfte van seuns voor Graad 11 al onwettige dwelms gebruik. Die meeste van hulle het voor die ouderdom van dertien reeds begin om te eksperimenteer. “Dit is ‘n groot bekommernis,” sê Mnr. Jardine. “As kinders op ‘n vroeë ouderdom begin, is die kanse dat hulle verslaaf sal word, baie groter.” Die mees algemene dwelms wat gebruik word, is alkohol, dagga, mandrax, “crack”, kokaïne en heroine. Ongelukkig is daar niks wat ouers kan doen om te verhoed dat hulle kinders aan dwelms blootgestel word nie. Dwelmmisbruik kom in alle skole voor en alle kinders sal op een of ander stadium moet besluit of hulle met dwelms gaan eksperimenteer of nie.
Posted on: Wed, 24 Jul 2013 13:29:49 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015