EK LUISTER NA JOU.... Naand liewe lesers van Sprokkelhout En - TopicsExpress



          

EK LUISTER NA JOU.... Naand liewe lesers van Sprokkelhout En Splinterglas! Vanaand is daar sommer so n vreemde weemoed in my hart - ek dink aan hoedat hierdie blad presies twee jaar gelede ontstaan het en wat ek daarvoor beoog het. So kort soos twee jaar gelede was daar nog nie n magdom fbblaaie op internet waarin elke Jan Rap en sy Maat (o, aarde, hier gaan ek nou gekruisig word!!) in die naam van poësie stelling ingeneem het nie. Tot omtrent Augustus van twee jaar gelede was Woes omtrent die enigste blad waar mense georganiseerd aan versskribbel deelgeneem het. Kommentaar gelewer het. Mekaar leer ken het - eers op papier/die skerm, en later meer persoonlik deur middel van kuiers en sosiale omgang. En die meeste van ons het respek vir mekaar gehad. Respek wat gegrond was op die ander persoon se woord- of letterbekwaamheid. En toe skielik ontspring n ander blad as t ware in die nag, paddastoel, en almal wat met woorde smokkel, betree die mark. Snaaks, saam met daardie oplewing, wat tog n baie positiewe wending was, het ook n soort naywer gekom waarin een skrywer nie noodwendig vir n ander - miskien n mindere? - agting gehad het nie. n Soort eiewaan wat kop uitgesteek het - n soort slang in die gras...En vals profiele en verdagmakery het in verskuilde gedaantes begin rondloop. Daarmee saam toe ook n polarisering van gepubliseerde digters/skrywers teenoor ongepubliseerdes, of self-publikasie - en n groepvorming onder naamborde soos vry-geeste of straatdigters. Na twee jaar van skryf soos ons skryf, (en vir my: skryf soos ék skryf) voel n mens seker om n bietjie bestek op te neem. Daar was bepaald oomblikke van prestasie. Maar ook van beskadiging. Naywer. Naganigheid. n Teikening van een persoon van n ander, van een groep van n ander. Selfs in die openbare media. Een van die gevolge hiervan vir myself, was om te isoleer, eenkant toe te staan en te trek, n eie individualiteit aan my blad/blaaie te gee - hoewel in kleiner en meer kompakte vorm, maar met n eie uitbundigheid, n eie verdieping, n eie gulle uitnodiging aan lesers om n besondere nesskropplekkie van woorde te ervaar. Een van die aspekte wat my nog steeds irriteer, is die plasing van dieselfde skrywer op tien en twaalf verskillende blaaie. Na 24 maande wonder ek steeds WAT is dit wat n hedendaagse digter so prikkel om applous en akklamasie op so n breë terrein tegelyk en oombliklik te wil beleef. Maar mettertyd beleef ek n toetrede tot my eie menswees, uit vreemde oorde - n herkenning en erkenning wat n eie veiligheid, n eie geborgenheid binne-in my skrywe, op my eie blad wat ongelooflik verrykend én verreikend is. Na n veertien dae weg van die huis, grootliks in teenwoordigheid van werklike mense wat werklik deelneem aan my blaaie se aktiwiteite (ofskoon nie almal uitsluitlik op my blaaie aktief is nie), kyk ek ook besinnend en waarderend - tog ook evaluerend - na presies waar ander staan binne die kring wat ekself eintlik geskep het. En ek kom weer terug na daardie vers geskryf duskant/annerkant Noupoort. En drie reëls ontroer my vanaand soos wat dit veertien dae gelede in my gemoed kom lê het.... en vir krankheid van die hart drink jy woordewyn Groetnis mce 28/11/2013
Posted on: Thu, 28 Nov 2013 18:15:11 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015