Ek herinner myself elke dag dat niemand my drome gaan bewaarheid - TopicsExpress



          

Ek herinner myself elke dag dat niemand my drome gaan bewaarheid nie … dit is my werk. Dit is my drome en ideale en lê my na aan die hart, so dit beteken nie noodwendig enigiets vir ander mense nie. Ek moet dit lewendig hou en elke treetjie oppad daarheen geniet sonder om die pad om te wens. So gaan ek elke oomblik geniet en vir altyd koester ….. want ek gaan onthou hoe hard ek daaraan moes werk. ~ ~ ~ Ons gaan nie noodwendig alles bereik waarvan ons droom nie, maar sonder drome gaan ons niks bereik nie... Die beste dinge in die lewe is almal en alles wat ons liefhet, die mooi plekke wat ons gesien het, die mooi dinge wat ons beleef het, die vriende wat ons gemaak het, die drome wat waar geword het en al die mooi herinneringe wat ons gebou het terwyl ons dit alles gedoen het. Dis die dinge en mense wat herinnering-voetspore in ons harte getrap het en wat ons nooit ooit sal vergeet nie.
Posted on: Wed, 26 Jun 2013 05:32:34 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015