Ek weet ek vlieg eers woensdag maar vandag is dalk die laaste dag - TopicsExpress



          

Ek weet ek vlieg eers woensdag maar vandag is dalk die laaste dag wat ek kans gaan he vir die boodskap so hang aan n tak en lees. My finale groet aan Piketberg.Ek het lank gewag vir die dag,jare eintlik,maar vandag sit ek met gemengde gevoelens van hartseer en blydskap want ek is bly ek is klaar met skool en oppad na n beter lewe van my eie en hartseer oor die mense wat ek moet agter los,maar nou ja dis sulke tyd die lang verwagte groet is hier,nou ja totsiens Piketberg.Totsiens aan die mense van Piketberg,ek gaan julle mis veral my close pelle en mede PHS’ers en ook sonder enige twyfel die awesome manne van huis Kasteel.Manne ek het opgekyk teen die koshuis ding en was nie baie lus daarvoor nie maar julle het dit ’n onvergeetlike tyd in my lewe gemaak,een wat ek soort van spyt is klaar is,ek hoop ons sien mekaar in die toekoms weer,veral kamer 12 se manne,dankie vir die vlag,julle sal altyd onthou word !!! Aan al my ander pelle en mede PHS’ers,ek gaan julle mis,sterkte vir die toekoms en alles wat mooi is,mag julle net voorspoed en nie teespoed ervaar nie,en geniet die tydjie wat voorle want dit gaan die tyd van julle lewens wees.Dankie vir al die jare se lag,skel,debat,en sommer net al die lekker tye julle sal onthou word,ek hoop ons paaie kruis weer. Kasteel manne,wag vir woensdag,ek sal die bbm stuur “The package has landed.....hahahaha” nou ja so kom alle dinge tot ‘n einde,insluitend my tyd hier in Piketberg,so vanoggend se ek vir julle totsiens maar nie vaarwel nie. Onthou “ Forget yesterday and live for tomorrow,live today by becomming what you want to be tomorrow,because we all know the future and our dreams is the stuff life is made of” - Unkown
Posted on: Mon, 02 Dec 2013 06:34:32 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015