GEDREIN EN UITGEWAS Ek bid nou spesiaal vir jou stres, druk en - TopicsExpress



          

GEDREIN EN UITGEWAS Ek bid nou spesiaal vir jou stres, druk en spanning. Dit voel soms of dinge vir jou te veel wil raak. Jy moet sterk wees vir almal. Jy moet kop hou en positief bly. Almal kyk in jou oë. Soms voel jy gedrein en uitgewas soos ‘n ou vadoek. Almal tap jou, maar bitter min sit iets terug. Here, U kom nou met U krag en sterkte en tel hierdie kosbare mens op. Jesus gee vir jou die ‘input’ waarna jy so dringend smag. Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal vir julle rus gee (Mat. 11:28). Jy het restourasie en rus nodig. Jy het nuwe krag nodig … nuwe energie en hoop. Ek gee dit nou vir jou, sê die Here. Ek sal jou deurdra in my sterk arms. (Hansie Smit - STEP) - stepministries.net
Posted on: Wed, 07 Aug 2013 02:53:53 +0000

Trending Topics



#SingMore Singing fortifies health, widens culture, refines the

Recently Viewed Topics




© 2015