Hoffie se mond is dik en dreig om op sy lip te trap. Ek was - TopicsExpress



          

Hoffie se mond is dik en dreig om op sy lip te trap. Ek was besorgd dat hierrie blymoedige outjie nou so stuurs en dikmond is. By nadere navrae, kom ek agter dis oor sy ouma wat vir hom vies is. Oom Hes: Nou Hoffie, wat het oor jou lewer geloop? Hoffie: My ouma is kwaad vir my. Oom Hes: Nou vir wat is sy kwaad vir jou? Hoffie: Net omlat ek vir haar gesê het sy moet haar sokkies optrek! Oom Hes: Nou hoekom was sy kwaad daaroor, dis mos NIKS om oor kwaad te wees nie? Hoffie: Want my ouma het nie sokkies aangehad nie!
Posted on: Fri, 04 Oct 2013 11:10:47 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015