Is jy een van Jesus se tjommies wat vaak is? Vanaf die bo-kamer - TopicsExpress



          

Is jy een van Jesus se tjommies wat vaak is? Vanaf die bo-kamer het Jesus en sy gevolg na ’n karavaanpark gegaan. Mense het graag by die plek onder die bome ontspan. Daar het Hy twee van sy beste vriende gevra om saam met Hom te gaan bid. Dit voel vir my of Jesus hier begin onrustig raak het. Die ding wat aan die kom is, het aan sy senuwees gekou en ook te verstane. Onthou, Jesus was mens gewees. Hoe sal jy nie voel as jy weet jy word oor ’n paar dae aan ’n kruis vasgespyker nie? Maar vir Jesus is daar net een plek om te gaan vir raad, vertroosting en rustigheid en dit is sy Vader in die hemel. Vir sy twee vriende maak Hy ’n stukkie van sy hart oop. 38Jesus het bedruk gevoel en sê toe vir die drie saam met Hom: “Ek voel doodsbenoud. Wag julle hier. Kyk dat niemand ons hier verras nie.” Sy gebed vertel boeke vol: 39Hy het ’n paar treë verder gaan kniel. Met sy gesig tot teen die grond gebuig, begin Hy bid: “My Vader, is daar enige kans dat Ek die pad wat vir My voorlê nie hoef te loop nie? Is daar ’n uitweg? Maar Ek probeer nie allerhande planne maak nie. Maak U die planne, asseblief! Doen wat U wil.” Hier is God wat mens geword het en die mens se moed val nou so-effe na die voete se kant toe. Hoe nou gemaak? Op ’n manier sien die mens in Jesus nie nou meer lekker kans vir die affêre wat nou voorlê nie. Daarom wonder en vra Hy: “Is daar nie ’n ander plan wat gemaak kan word nie? Is daar nie iemand anders wat die bitter beker kan drink nie? Staan daar nie dalk êrens ’n deur op ’n skrefie oop nie? Ag, asseblief tog God! Maar Jesus se gebed eindig nie hier nie, want Hy besef ook die tekortkoming in sy eie gebed en dus vat Hy sy pakkie nood en kom sit dit in God se hande deur te sê: 39... “Maar Ek probeer nie allerhande planne maak nie. Maak U die planne, asseblief! Doen wat U wil.” Jesus is in ’n verskriklike stryd betrokke. Jesus is vreesbevange. ’n Mens besef nie eintlik waardeur Jesus hier gaan nie. Hy draai terug na sy vriende wat net ’n paar treë agter Hom gewag het. Hulle het geweet waardeur Hy nou gaan. Hy het dit dan in soveel woorde vir hulle gesê. Hulle moes sy gebed tot God, sy hulpgeroep gehoor het, want hulle was dan so naby aan Hom. Jesus kon seker nie sy oë glo toe Hy sien dat die perde aan die slaap geraak het nie. Besef hulle dan nie die erns nie? Besef hulle nie Jesus se vrees nie! Besef hulle nie sy doodsbenoudheid nie? Ai, boys! Kon julle nie hier net oor julle eie moegheid geheers het en Jesus in sy uur van nood bygestaan het nie? Jesus se wind was uit sy seile. 40... “Wat gaan aan? Het jy dit nie eens in jou om ’n klein rukkie saam met My wakker te bly nie? 41Vra God om julle te help om nie verkeerde dinge te wil doen nie. Ek weet julle sê julle wil graag die regte dinge doen, maar dit gebeur nie altyd so nie, nie waar nie? Wees daarom altyd op en wakker.” Kan jy glo wat hier gebeur? Nee, ek bedoel nie die manne wat lê en slaap nie. Kyk wat doen Jesus. In sy ergste emosies, in sy stryd om oor die laaste hekkie te kom, vang Hy sy getrouste volgelinge aan die slaap en terwyl Hy hulle daaroor aanvat, laat glip Hy nie die kans om die omstandighede te gebruik om vir hulle te preek nie. Ja, ek is seker daarvan dat die twee dissipels ter wille van hul Meester wakker wou bly, It is the right thing to do, maar net te moeg was en hulle oorgegee het aan die slaap. Ter wille van ons Meester, as gevolg van wat Hy aan die kruis gedoen het, wil ons graag die regte dinge doen, maar as ons ons kom kry, kies ons die verkeerde pad. En dan het ons gewoonlik flou verskonings om dit te probeer regverdig. Tog maak dit nie die neem van die verkeerde afdraai reg nie. Ons het eenvoudig nie hard genoeg probeer nie. Ons het eenvoudig nie genoeg gedoen om die verkeerde dade te stop nie. Ons weet wat reg is. Ons weet wat verkeerd is. Almal weet dit. Ons word daarmee gebore. Maar omdat ons so baie maal al aan die slaap geval het, het ons al amper vergeet wat God van ons verwag. Dis nie ’n verskoning nie. Daar is miljuisende mense daar buite wat in nood verkeer. Daar is mense om jou wat in gate wegkruip. Daar is mense wat met hul eie lewe in hul vuil hande staan en bewe en bid en skree na God. En Hy wil vir jou gebruik om daar ’n verskil te gaan maak. Is jy te vaak, of maak jy planne? Asseblief my vriend. Dit druk hard hier op my hart. Maak planne met die vaak in jou oë. It is the right thing to do! Om oor na te dink Is jy vaak? Slaap jy? Is jy wakker? Kliek hier om die teks te lees: Matteus 26:31-46 Lekker dag. Gerjo Ben Ns. Dalk weet jy van iemand wat by Kruispad baat sal vind. Kliek net op die "Beveel ander aan" link, hier bo links en verskaf hul besonderhede. Of jy kan ook hierdie epos aan hulle forward en dit CC aan ebyb@kruispad, dan sal ons hulle op die poslys plaas. Onthou asb. om hul voorname ook deur te gee. kruispad
Posted on: Thu, 29 Aug 2013 03:48:19 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015