My Getuienis My lewens verhaal sal vir baie mense soos ‘n riller - TopicsExpress



          

My Getuienis My lewens verhaal sal vir baie mense soos ‘n riller lees maar God het ingetree en my gered. Hier is my verhaal. In 1988 op 5 Januarie is my seun gebore ‘n absolute bulletjie wat 5.53kg met geboorte geweeg het en ja ek was uiters geseend. Op 25 Oktober 1988 word my lewe in ‘n breek deel van ‘n sekonde op sy kop gekeer. My seun sterf in ‘n skiet ongeluk en in ‘n oogwink is my wereld verskeur. Ek het God verwyt en myself verwyt want hoe kon God so wreed wees om die geskenk wat Hy my gegee so wreed weg te raap. Vir jare daarna het ek met God baklei en geredekawel en het vreeslik selfsugtig geword en glad nie God as my SALIGMAKER EN REDDER erken. Met Paas naweek 1994 gaan ek op ‘n jag tog Namibia toe waar ek in diep depressie verval in so mate dat ek bo op ‘n duin gaan sit met ‘n .300 WIN MAG jag geweer teen my kakebeen vasgedruk met vinger om die sneller gekrul gereed om ‘n einde aan my lewe te maak. En diep binne my kom daar ‘n stem wat se “hoekom wil jy jou eie lewe neem, EK het dan aan die kruis gesterf vir jou” Ek het yskoud geword en besef dat GOD met my praat en dat ek gered is want Hy het groter planne vir my. Dit was vir my ‘n teken agv die feit dat dit Paas Naweek was. Dit was slegs een van die vele kere dat God my lewe aangeraak het want Hy het ‘n droom en plan vir my. Vir baie jare daarna het ek my afgesonder en in my werk in geleef en basies ‘n kluisenaars lewe gelei, dit het gelei tot mislukte besighede en verskeie ander mislukkings want ek het weereens verby GOD gelewe want ek was te besig maar die hele tyd het God my voorberei vir SY plan met my. November 2012 plaas HY ‘n Engel op my pad en die Engel het my lewe onheroeplik verander sy het my terug gelei na God, en ek wil GOD dank dat Hy een van SY Engele gestuur het om Sy plan vir my te OPENBAAR en my droom wat ek opeis is dat God my sal lei in my pad vorentoe en die pad is dat ek SY naam sal loof en verkondig aan duisende mense. My droom is om in diens van God te staan en dat elke enkele woord wat by my mond uitkom van Hom af wees en siele sal aanraak, bedien en beredder op massiewe skaal sodat mense in hulle duisende hulle liefde vir God sal betuig. Ek weet dit is die droom en plan wat God vir my het en eis my droom hier mee op. DANKIE GOD DAT U MY GERED HET EN U ROEPING VIR MY AAN MY OPENBAAR HET. Eugene Van Der Westhuizen
Posted on: Thu, 20 Jun 2013 13:46:58 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015