Police kill dagga peddler in shoot out / Polisie skiet - TopicsExpress



          

Police kill dagga peddler in shoot out / Polisie skiet daggahandelaar dood Sounds like bullshit we know South African police shoot first. Marikana need I say more. Nog twee verdagtes is in hegtenis geneem toe hulle glo dagga na Suid-Afrika wou smokkel. Die polisie het ook op dagga van R1,2miljoen en drie voertuie beslag gelê. Die polisie het inligting ontvang dat dagga oor die Lesotho-grens na Suid-Afrika gesmokkel gaan word en het ’n lokval vir die verdagtes gestel. Lede van die polisie se operasionele reaksiediens in die Vrystaat het Dinsdag omstreeks 19:00 die vermeende daggahandelaars ingewag, het sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, gesê. Sowat 15 verdagtes van Suid-Afrika en Lesotho was by die beweerde smokkelary betrokke en sommige het terug na Lesotho gevlug. Volgens Xuma het die verdagtes kort ná middernag in drie voertuie opgedaag en sakke dagga, wat op binnebande deur die Caledonrivier na Suid-Afrika gebring is, begin oplaai. “Die polisiebeamptes het dadelik op die mans toegeslaan en hulle as polisiebeamptes geïdentifiseer. Die verdagtes het op die lede begin skiet en die polisielede het teruggeskiet,” sê Xuma. Een van die vermeende daggahandelaars is toe noodlottig in die skietery gewond. Die booswigte het in ’n Ford Courier, Toyota Hilux en Nissan Almera weggejaag en die dagga agtergelaat. Volgens Xuma het die polisie die mans nie ver van die toneel af nie voorgekeer en ’n 36-jarige man in hegtenis geneem. Die gewonde man is egter op die toneel dood. Hy het ’n skietwond in sy kop gehad. Die ander verdagtes het weggehardloop en die voertuie agtergelaat. Een van dié mans is later op die R26 aangekeer. Hy het glo erken hy was by die daggasmokkelary betrokke. Die twee mans verskyn binnekort op aanklagte van daggahandel en poging tot moord in die Ladybrand-landdroshof. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ’n klag van moord weens die dood van die verdagte.
Posted on: Fri, 14 Feb 2014 07:39:19 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015