Skandelike drifte en drange van die hart! Daar is geen erger - TopicsExpress



          

Skandelike drifte en drange van die hart! Daar is geen erger slawerny as om deur jou natuurlike geaardheid regeer te word nie. Dan word jou natuurlike geaardheid, jou "drange van die hart", jou "skandelike drifte", jou "verdraaide opvattings" - jou baas. Mense is geneig om in dit wat met HULLE selfsigtige oortuigings klop EN dit wat by HULLE sondige natuurlike geneigdheid aansluit, te glo. Natuurlik bestaan daar sondige praktyke en standpunte, maar jy moenie geindoktrineer word om naderhand te dink DIT MAAR REG is nie. As iets strydig is met die Bybel, bly dit verkeerd al is daar hoeveel musiekstukke, televisieprogramme, rolprente en ander media wat daardie verkeerde waardes as "normaal" voorstel. Moenie jou natuurlike geaardheid of jou eie voorkeure ooit die maatstaf maak om dinge te beoordeel nie. Jou Skepper weet wat vir jou die beste is. Sorg dat jy jou eie geaardheid ondergeskik maak aan die regering van Sy Gees. Iets is nie reg omdat dit vir albei die betrokke partye aanvaarbaar is EN omdat albei daartoe instem nie. Toets dit wat jy van nature wil doen, aan die wil van die Here! ANDERS - op die ouend word julle erger as diere, want baie van die dinge waaraan mense hulle skuldig maak, kom NIE EENS onder die diere voor nie! Rom 1 : 24-25
Posted on: Fri, 19 Jul 2013 06:46:23 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015