Spreuke 16:20: “Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en - TopicsExpress



          

Spreuke 16:20: “Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou, is gelukkig.” Geluk is een van die dinge in die lewe waarna mense werklik sonder ophou soek. Vir baie mense is geluk onbereikbaar. Maar hoekom? Mense verstaan nie geluk werklik nie. Geluk word heeltemal te veel met materiële dinge geassosieer. Party voel dat geluk sal kom met die groter huis en bankrekening wat oorloop. Dat geluk sal kom wanneer ek eers spesifieke mylpale in die lewe bereik het. Maar besittings kan my nie gelukkig maak nie. Besittings kan in ‘n sekere sin net die lewe vir my vergemaklik, maar dit is nie in staat om my gelukkig te maak nie. Sommige mense dink weer dat ‘n lewe sonder beperkende wette geluk kan bring. Hulle dink hierdie vryheid waar ek kan doen net wat ek wil, vir my geluk kan bring. Wat ‘n skewe oortuiging in so ‘n persoon se lewe. Sulke gedrag lei tot baie probleme en uitendelik tot ‘n val. Jy kan ook geluk soek deur net vir jouself te leef en jou van die wêreld af te sonder. Om jouself in selfsug te isoleer en nie jou medemens en sy nood raak te sien nie. Al wat dan gebeur is dat jy op ‘n stadium in jou lewe gaan kom waar jy ‘n eensame en onvervulde lewe lei. Ware geluk is iets wat in my innerlike wese ontstaan wanneer my gees in harmonie met God en Sy wil is. Slegs wanneer God die middelpunt van my lewe is, kan ek oorvloedige en blywende geluk vind. Geluk is iets wat van binne my gebore word. Slegs wanneer jou lewe deur God beheer word sal jy totale innerlike vrede en volmaakte geluk ervaar. Gebed: Hemelse Vader, leer my hoe om ware geluk te ken deurdat U die middelpunt van my lewe is. In Jesus Naam. Amen.
Posted on: Mon, 26 Aug 2013 10:49:23 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015