Stukkie uit Angus Buchan se boek: ‘n Mosterdsaad. “God met - TopicsExpress



          

Stukkie uit Angus Buchan se boek: ‘n Mosterdsaad. “God met ons” “…en sy sal hom Immanuel noem.” Jesaja 7:14. Het jy vanoggend toe jy wakker geword het besonder wankelrig gevoel? Het jy alleen gevoel? Het jy gedaan gevoel? Het jy gevoel asof jy deur jou geliefdes verwerp is? Miskien het jy nie ‘n werk nie, miskien is jou onderneming besig om onder te gaan? Ek het vanoggend goeie nuus vir jou: God is by jou en my. Die woord Immanuel beteken “God met ons”. Jesus het belowe dat Hy ons nooit sal verlaat nie, ons nooit in die steek sal laat nie (Heb. 13:5). Daarom het jy vandag niks om te vrees nie. As God met jou is, sal alle dinge reg uitwerk, maar jy moet Hom erken en Hom ‘n plek gee in jou lewe, in jou besluitneming en in elke area waarin jy worstel, sowel as die areas waarin jy sukses behaal. Onthou, moenie na plekke gaan waar jy weet Jesus skaam sou wees om na te gaan nie. Onthou dit. By watter plekke jy ook al instap, vra jouself die vraag: Sou die Here hier gemaklik gevoel het? Indien die antwoord nee is, moet jy nie soontoe gaan nie. Indien die antwoord ja is, dan kan jy soontoe gaan en gaan deel wees van wat daar gebeur. Onthou ook vandag jou maniere, want God is met jou. Onthou om jou mond te bedwing. Beteuel jou humeur. Jy word dopgehou, nie net deur mense nie, maar ook deur die engele in die hemel, want God is vandag met jou. Waar ook al Hy gaan, daar sal sy engele volg. Wees vandag ‘n goeie gesant en moenie eensaam wees nie. Praat met Hom. Hy luister na jou. Voer ‘n gesprek met Hom terwyl jy werk toe ry. Jy kan in jou hart bid sonder om jou mond oop te maak, in jou kantoor, op die plaas, op die sportveld, in die klaskamer. Hy is waarlik ‘n Vriend wat nader is as ‘n broer. Mag jy ‘n geseende dag he en weet dat ons God in die hemel elke tree van die pad by jou is.
Posted on: Wed, 13 Nov 2013 06:54:01 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015