TOYOTA Die twee eerstejaar studente het n bietjie te ver - TopicsExpress



          

TOYOTA Die twee eerstejaar studente het n bietjie te ver met die vryery gegaan, en besluit om die nooi se ouers die naweek op die plaas oor die onverwagse swangerskap te gaan inlig. Die hele aand het die kêrel gewroeg oor hoe hy by die voorgenome skoonouers oor hul lot gaan vertel, maar hy kom nie sover om dit te doen nie. Die nag het hy sleg geslaap en die volgende oggend was hy vroeg weer op. hy was verbaas om oral op die plaaswerf net Toyotas te sien. In die garage het n Camry gestaan, onder die boom n Hilux en in die stoor was n Land Cruiser. Selfs die plaas se naambord was geborg deur Toyota . Terwyl hy hom so verwonder, groet die Oom hom skielik. Die arme kêrel skrik hom flou. Maar kenmerkend van n student herstel hy gou en vra die Oom uit oor al die Toyotas. Oom: Toyotas het baie goeie masjiene. Hul ratkaste gee nie in nie. Die Land Cruiser se vere kan jy maar laat werk. En selfs in die winter sukkel n mens nie om die Toyotas te start nie. Waarop die kêrel vinnig antwoord: Oom se dogter is seker ook n Toyota . Ek het haar net so n ligte stootjie gegee, toe vat sy!
Posted on: Mon, 04 Nov 2013 14:09:12 +0000

Trending Topics



iv>

Recently Viewed Topics




© 2015