VSA Waarsku teen RSA se misdaad Die regering van Amerika het - TopicsExpress



          

VSA Waarsku teen RSA se misdaad Die regering van Amerika het ernstige waarskuwings uitgereik oor die misdaad vlakke in Suid-Afrika en veral melding gemaak van die gewelddadigheid in groter stede soos Pretoria, Johannesburg, Durban en Kaapstad. “Gewelddadige misdaad is ‘n groot bekommernis in Suid-Afrika. Die tipe misdaad wat alledaags voor kom is onder meer roof, inbrake, kapings, gryp diefstal, georganiseerde aanvalle op kommersiële en winkelsentrums, die opblaas van kitsbanke, sowel as aanvalle op voertuie en werknemers”, aldus die verslag. Die verslag maan ook dat besoekers aan Suid-Afrika bedag moet wees omdat misdadigers dikwels hul taak verrig deur wapengeweld en dat plakkerskampe vermy moet word. “Buitelanders word nie net geteiken nie, maar verskeie was reeds die slagoffers van verkragting en selfs moord.” Die Amerikaanse president, Barack Obama, sal Pretoria en Kaapstad aan die einde van Junie besoek.
Posted on: Wed, 19 Jun 2013 13:35:01 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015