Wanneer iemand ’n goeie vrou kry, dan het hy ’n vrou wat meer - TopicsExpress



          

Wanneer iemand ’n goeie vrou kry, dan het hy ’n vrou wat meer kosbaar is as koraal. Haar man weet dat sy sal doen wat sy belowe het, hy weet dat sy goed altyd meer sal word. Sy laat dit goed gaan met hom, nie sleg nie, haar hele lewe lank. Sy maak wol en vlas bymekaar en sy geniet dit om met haar hande te werk. Sy is soos die skepe van ’n handelaar, sy bring van ver plekke die kos wat sy nodig het. Sy staan op wanneer dit nog donker is, sy sê vir haar huisgesin wat hulle moet doen en sy gee vir haar bediendes werk. Sy dink goed oor ’n stuk grond en sy koop dit, sy neem van haar eie geld en sy plant daar wingerdstokke. Sy is sterk, sy kan aanhou werk. Wanneer sy sien dat mense graag haar goed koop, dan werk sy die hele nag. Sy steek haar hande uit en sy werk by die spinwiel en die weefstoel. Sy gee graag vir mense wat hulleself nie kan beskerm nie, vir mense wat niks het nie. Wanneer dit sneeu, dan is sy nie bekommerd oor haar huisgesin nie, want hulle dra almal warm klere. Sy maak vir haar komberse, sy dra klere van linne en pers wol. Almal ken haar man, hy sit saam met die leiers van die land by die poort. Sy maak klere en sy verkoop dit, sy gee vir die handelaars nekdoeke om te verkoop. Sy is ’n sterk en ’n netjiese vrou, sy is nie bekommerd oor wat later sal gebeur nie. Wanneer sy praat, dan praat sy met wysheid, sy leer vir haar mense om vriendelik te wees. Sy kyk dat alles reg gaan in haar huis, sy is nie lui nie. Haar kinders staan regop en hulle prys haar, haar man sê dat sy ’n goeie vrou is. Hy sê: “Baie vroue doen goed, maar jy doen beter as hulle almal.” ’n Vrou bly nie altyd jonk en mooi nie, ’n vrou wat die Here dien en Hom respekteer, dit is vir háár wat ons wil prys. (Spreuke 31:10-30 ABA)
Posted on: Wed, 09 Oct 2013 06:39:31 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015