opgedateer 11 Januarie 2015 ~~~ Solidariteit en FW de Klerk - TopicsExpress



          

opgedateer 11 Januarie 2015 ~~~ Solidariteit en FW de Klerk (foto) afrinetwerk.be/wp-content/gallery/opening/1.jpg ~~~ Ons enigste waarborg is Eksterne selfbeskikking Our only option and guarantee is External self-determination Net soos die vryemark in SA, is Trustwette geen waarborg teen ons vryheid nie. ON ITS WAY: 2015 : EXPROPRIATION BILL “Our Constitution describes expropriation as being appropriate for public purposes – the building of a dam, you know building a road, whatever … it defines public interest including, among other things, for purposes of land reform and restitution, so public interest is obviously not in the old 1975 act.” The draft bill created a uniform expropriation process to be used by all organs of state. “Under section 25 of the Bill of Rights, compensation should be just and equitable but what should be taken into account among other things … is the current use of the property, the history of the acquisition … and the market value of the property,” ~~ According to cabinet, the bill will ensure that expropriation is carried out in accordance with constitutional principles. Expropriation in the public interest, for instance, provides government with a tool to achieve its commitment to land reform, and to reforms to bring about equitable access to all South Africas natural resources. “The Expropriation Bill introduces certain measures that differ significantly from the 1975 Act. Noteworthy is the recognition and compensation of unregistered rights in property in all expropriations.The bill also embodies the constitutional principle of just administrative action”. sabinetlaw.co.za/housing/articles/expropriation-bill-be-tabled-2014 Die Onteieningswetsontwerp tree in 2015 in werking, dit is tans oop vir kommentare. Dit het verreikende negatiewe implikasies vir die ekonomie, tussengroepsverhoudings, voedselsekuriteit en die Grondwet - veral vir Blankes, Afrikaners en Boere. Die wetsontwerp is gegrond op die wanpersepsie dat wit Suid-Afrikaners geen morele reg tot die eienaarskap van grond in die besonder, en eiendom in die algemeen het nie, omdat alles wat hulle besit die gevolg van die wederregtelike ontneming, uitbuiting en onderdrukking van die inheemse bevolking is. Ingevolge die onderskeie Trustwette wat reeds sedert 1994 afgekondig en toegepas word, besit slegs een koning sy eie grond, maar selfs hy is nie gewaarborg teen hierdie wet in wording nie. Die ander 10 Trustgebiede is staatsbesit. 80% van landbougrond (was kommersiele boerderye) wat aan swart opkomende boere geskenk is, met finansiele steun, word glad nie bewerk nie. Die ander 20 word deur die staat gesubsidieer (ons belastinggeld), en ook dit sal dieselfde pad volg as die staat hul subsidies onttrek. Sou die 50% van huidige boere se grond weggeneem word deur hierdie wetgewing, en dit word Trustgrond, sal die staat ook met 50% hiervan beloon word, presies dieselfde as die huidige Trustgebiede. Meerendeels immigrante woon en werk op boere se plase - eiendom sal nie aan hulle oorgedra word nie. ~~~~~~ HOE VERSKIL ONS HUIDIGE SWART TRUSTGEBIEDE MET DIE VAN ONS HUIDIGE AFRIKANER-BOER-BLANKE TRUSTGEBIEDE DIE HUIDIGE TRUSTWETTE SOOS VAN TOEPASSING OP DIE 11 ETNIESE SWART STATE SAL AFSONDERLIK BEHANDEL WORD SOLIDARITEIT, HELPENDE HANDE EN FW DE KLERK RADIO PRETORIA FAK NOORDKAAP EN DE GOEDE TRUST ~~~~~~ Lees self en besluit self: WET OP AANDELEBLOK SKEMAS Wat is ‘n Aandeleblok Skema en hoe verskil dit van Deeltitel Skemas? Lank voor die inwerkingtreding van die Wet op Deeltitels in 1971, was pogings aangewend om woonstelbewoners die reg te gun om hulle eie woonstelle te besit, waarvan die beste voorbeeld bekend dié is van die ‘Aandeleblok’ sisteem, wat ‘n aandeelhouer van die maatskappy, wat ‘n blok woonstelle besit, die reg bied om ‘n spesifieke deel van die gebou te beset. Ingevolge hierdie skema, egter, neem die aandeelhouer nie daadwerklik eienaarskap van die deel van die gebou wat hy/sy okkupeer nie: die eienaar van die eiendom behou eienaarskap. ‘n Ander uitstaande swak punt van die skema is dat, sou die maatskappy insolvent raak, die aandeelhouers agtergelaat sal word met slegs waardelose aandele in ‘n insolvente maatskappy. Tensy dit as ‘n bedoeling daargestel was ten tyde waarvan die aandele aangebied was, mag ‘n Aandeleblok maatskappy nie die leningsverpligtinge daarvan vergroot sonder die toestemming van ten minste 75% van die aandeelhouers wat ten minste 76% van die aantal stemme besit nie. In die Wet op Aandeleblok Skemas, is voorsorg gemaak vir die omskakeling van deelblok regte na deeltitelregte – slegs deur die omskakeling van die skema na deeltitel kan ‘n lid van ‘n deelblok maatskappy titel van die eenheid verkry. prokureur.co.za/index.php/aktebesorging Lees ter inligting: HOFSAAK GEBRUIKSREG Die doel van die Wet, soos blyk uit die kort titel, die lang titel en, trouens, die hele strekking van die Wet self, is om die bedryf van aandeleblokskemas te beheer. Aandeleblok-skema word in artikel 1 omskryf as h skema waarvolgens n aandeel op enige wyse n reg op of belang in die gebruik van vaste eiendom verleen. Vir huidige doeleindes beteken aandeel,luidens die omskrywing in artikel 1, n aandeel, in die gewone sin van die woord, in n maatskappy, asook n ander belang in n maatskappy. Vaste eiendom beteken, met betrekking tot n aandeleblokmaatskappy, grond, en ook n gebou wat opgerig is of opgerig gaan word. En n aandeleblokmaatskappy is h maatskappy waarvan die werksaamhede die bedryf van n aandeleblokskema behels of insluit. Dus, om saam te vat, die Wet het te doen met skemas waarkragtens die houers van aandele in n maatskappy n reg of belang in die gebruik van vaste eiendom het uit hoofde van hul aandeelhouding, en met maatskappye wat sulke skemas bedryf. saflii.org/za/cases/ZASCA/1989/36.html ORANIA Orania en ander soos Noordkaap groepe, Kleinfontein, ens. wat selfbeskikking voorstaan: Ons het respek oor elkeen se siening oor selfbeskikking en om selfstandig onafhanklik te wees. Daar was ookal heelwat onderhandelinge wat plaasgevind het met leiers wat selfbeskikking voorstaan. Net soos wat Orania, VVK, Noordkaap en Kleinfontein onafhanklikheid wil he, wil ander groepe dit ook doen - tog staan elke groepie op hul eie en dink hulle kan dit regkry. Ons gaan dit nie so bereik nie. Die Volkstaatraad van 1994 het al vanaf 1994 opereer om selfbeskikking te bereik. Van die 20 lede wou nie regtig selfbeskikking he nie, terwyl elke ander lid (met hul ondersteuners) selfbeskikking wil bereik. Daar kon tot datum geen konsensus bereik word nie. Wat was die oorsaak? Ons moet onthou: Selfbeskikking is vir n volk, nie vir groepies of n politieke party van n volk nie. Dit sluit die ander uit selfbeskikking uit en sal selfbeskikking baie moeilik maak - inteendeel as 10 groepe in n volk geidentifiseer is, almal smag na selfbeskikking, maar as daar geen onderlinge konsensus is nie, sal selfbeskikking nooit realiseer nie. ~~~~~ Wie moet ons blameer as ons so tewerk gaan - ons gaan dit nooit bereik as daar geen konsensus nie. Alle groepe kan geakkommodeer word binne hierdie selfbeskikking wat ons almal na smag en wil bereik. Sien asseblief die groter prentjie. Ons ondergang en oorlewing is in ons eie hande. Beperk ons onsself net tot ons eie groepie -ontneem ons ons nageslag van onafhanklikheid. ~~~~~ KWELVRAE RONDOM ORANIA: - KAN DIE GELEERDES ONS DALK INLIG, SODAT ONS MEDE-AFRIKANERS, BLANKES EN BOERE WEET WAT IN HIERDIE GEBIEDE AANGAAN Werk Orania net soos die Trustwette van die regering? Dat mens slegs verblyfreg het - altans dis hoe ons dit verstaan. Mense van Orania, en is nie seker hoe die Noordkaap opereer nie. Is Noordkaap op dieselfde beginsels as Orania? Trusts, waar jy as lid van die volk nooit n wettige eienaar word van grond nie, maar slegs aandeelhouer. Hoe kan die volk dan die land regeer deur aandeelhouerskap Dan is hulle nie volwaarde volksgenote nie. ~~~ O R A N I A Aan wie behoort Orania - aan die inwoners - nee hulle het net aandele. NIE aan die sogenaamde volk wat reeds daar bele het nie. Altans dis hoe ons dit verstaan. Ek of ons groep het nie die volgende inligting geskryf nie, en dit verskyn op die Oraniablog self. Rakende gebruiksreg: Wat is gebruiksreg: Vind uit vir julle self EN neem kennis ~~~ ARTIKEL EIENDOMSREG ORANIA : oraniablog.co.za/eiendomsreg-in-orania/ Orania het sedert sy herlewing as Afrikanerdorp van krag tot krag gegaan. ʼn Vervalle konstruksiekamp is in ʼn moderne dorp omskep en dienste word aan inwoners op ʼn hoë standaard gelewer. Die volgende grafieke wat die gemiddelde eiendomspryse en aantal inwoners van Orania aandui, vertel die verhaal Groei soos hierdie in ʼn voorheen onbewoonde gebied sonder ʼn gevestigde ekonomie kom nie vanself nie; dit verg harde werk. Al die harde werk in die wêreld kan egter nie sukses behaal as dit nie op gepaste fondamente rus nie. Een sodanige fondament is die rol van eiendomsreg. Private eiendomsreg isʼn uiters belangrike enjin van ekonomiese groei en is grootliks verantwoordelik vir die welvaart wat deur die Weste geskep is sedert die Renaissance. Ook Orania maak daarop aanspraak dat hy hom beroep op die vrye mark en dit is duidelik uit bogenoemde grafieke dat Orania sterk groei, tog werk dinge nie heeltemal dieselfde in Orania as in ander dorpe in Suid-Afrika nie, hoofsaaklik omdat die dorpseiendom van Orania volgens die aktekantoor in Kaapstad aan Vluytjeskraal Aandeleblok (Eiendoms) Beperk behoort. Hierdie artikel poog om die werking van die Aandeleblokskema op Orania te verduidelik en om ʼn paar misverstande wat die rondte doen uit te klaar. Die geskiedenis van Vluytjeskraal Aandeleblok Prof. Carel Boshoff skryf in sy biografie “Dis nou ek”, hoe Orania aanvanklik bekom is deur ondersteuners van die Orania Beweging in Desember 1990. Hy vertel op bladsy 385 dat daar donateurs gewerf is wat elkeen R25,000 bygedra het vir die koop van die plaas waarop die dorp deur Waterwese gebou was. Hierdie donasies is gebruik om ʼn maatskappy met die naam Orania Bestuursdienste Eiendoms Beperk (OBD) in die lewe te roep en vir elke bydrae van R25,000 wat gemaak is, het die donateur ʼn aandeel ter waarde van R2,500 gekry en ʼn leningsbewys van R22,500. OBD het hierdie geld gebruik om die plaas te koop. Die Direksie van OBD het ook besluit dat geen uitbetaling aan sy aandeelhouers of direkteure gemaak sal word nie en dat alle inkomste uit die verkope van eiendom op Orania vir die verdere ontwikkeling van Orania sal gaan. Ten einde ʼn wettige manier te vind waarop Orania ontwikkel en as dorp bedryf kon word, het OBD met die destydse Administrateur van die Kaapprovinsie vergader. Op aanbeveling van die Administrateur is Orania ingerig as ʼn aandeleblokskema. Dit is bewerkstellig deur al die grond van Orania vanaf OBD oor te dra na ʼn nuwe maatskappy, Vluytjeskraal Aandeleblok Beperk (VAB) en OBD het in ruil hiervoor al die aandele in VAB gekry, asook ʼn lening wat die verskil was tussen die sigwaarde van die aandele en die waarde van die eiendom op daardie oomblik. VAB is ʼn geregistreerde Aandeleblokmaatskappy waarvan die werking gereguleer word deur die Wet op Beheer van Aandeleblokke, wet 59 van 1980. Hierdie vorm van eiendomsbesit en eiendomsontwikkeling dateer dus Orania vooruit en is ook op talle ander plekke gebruik, soos met die ontwikkeling van vakansie-eiendom aan die Natalse Suidkus, langs die Kromrivier naby Cape St. Francis en die bekende Mabalingwe private wildtuin naby die Waterberg. Al die aandele in VAB word in blokke onderverdeel en elke aandeleblok word gekoppel aan gedeeltes van VAB se fisiese eiendom. Die eienaar van ʼn aandeleblok in VAB besit dan daarmee die eksklusiewe gebruik en voordeel van ʼn gedeelte van die eiendom wat aan sy aandeleblok gekoppel is. ʼn Aandelesertifikaat in VAB vervul dus ʼn soortgelyke funksie as ʼn titelakte. Dit is belangrik om te verstaan dat eiendomsreg in bewaring gehou word deur bepaalde instellings. In Suid-Afrika hou die Aktekantoor van elke provinsie die eiendomsreg van eiendomseienaars in bewaring. Die Wet op Beheer van Aandeleblokke delegeer belangrike funksies van die Aktekantoor aan die Aandeleblokmaatskappy met betrekking tot die onderverdeelde eiendom van die Aandeleblokmaatskappy, soos om rekord te hou oor wie die onderverdeelde gedeeltes van die eiendom besit en om die vereistes vas te stel vir die verdere onderverdeling of saamvoeging van dele van daardie spesifieke eiendom. In Orania tree VAB op as die instelling wat die eiendomsreg van aandeelblokhouers in beskerming neem, volgens die vereistes van die Wet. Soos in die grafiek hierbo aangedui, het OBD aanvanklik al die aandele in VAB besit. Namate eiendomme ontwikkel is, het OBD die aandeleblokke van daardie eiendomme wat hy in VAB besit het aan nuwe eienaars verkoop. So het OBD se aandeelhouding in VAB mettertyd al minder geword met elke verkoop van elke aandeelblok en is OBD se huidige aandeelhouding gelyk aan die eiendom op Orania wat nog ontwikkel moet word: Saam met elke aandeleblok wat ʼn nuwe eienaar ontvang, ontvang hy of sy ook ʼn pro-rata gedeelte van OBD se aanvanklike lening aan VAB. Dit is belangrik dat nuwe eienaars moet weet dat die aandele wat hy in VAB het, sy bewys van eienaarskap is en dat daardie aandele nie opgebreek en herverkoop kan word nie, tensy sy onderliggende eiendom opgebreek en herverkoop word. Net so is die nuwe eienaar se gedeelte van die lening aan VAB gekoppel aan sy eienaarskap en is daardie lening nie terugbetaalbaar nie. Die nuwe eienaar kan dus nie na die Dorpskantoor gaan en vra dat die gedeelte van sy lening terugbetaal moet word nie. Die nominale waarde van die aandele en die gedeelte van die leningsrekening wat aan daardie aandele gekoppel word, het dus geen spesifieke betekenis op hul eie vir so lank die Aandeleblokmaatskappy bestaan nie. Eers indien die Aandeleblokmaatskappy tot niet gemaak word, sal die nominale waarde van die aandele en die leningsrekening van belang word, want dit sal bepaal hoe enige opgehoopte winste van die Aandeleblokmaatskappy verdeel sal word tussen die eienaars :::: Die regte van nuwe eienaars Die nuwe eienaars sou in ʼn gewone maatskappy die risiko loop dat hulle wense deur die meerderheidsaandeelhouer, in hierdie geval OBD, geïgnoreer sou kon word en dat die meerderheids aandeelhouer besluite sou kon neem wat hulle belange kon skaad. Daar is egter bepaalde wette en kontrakte wat die aktiwiteite van die Aandeleblokmaatskappy beheer en die regte van nuwe eienaars in beskerming neem. Hulle is as volg: Die Maatskappywet bevat algemene, oorkoepelende bepalings vir die werking van maatskappye, ook maatskappye wat aandeleblokke bedryf. Die Wet op Beheer van Aandeleblokke bevat algemene, oorkoepelende bepalings vir die werking van aandeleblokskemas. Volgens die Maatskappywet, moet elke maatskappy (ook maatskappye wat aandeleblokke bedryf) ʼn Akte en Statute van Oprigting opstel wat die spesifieke bepalings vir die werking van daardie maatskappy daarstel. Die Koopooreenkoms wat bepaal hoe en wanneer ʼn persoon aandele kan bekom en wat die persoon daarmee kan doen. Die Gebruiksooreenkoms is ʼn ooreenkoms wat onderling deur die aandeelhouers van die aandeleblok met mekaar (insluitend OBD) en met die aandeleblok gesluit word. Hierdie dokument gee riglyne van hoe die aandeelhouers en die aandeleblok maatskappy teenoor mekaar moet optree in sekere omstandighede. Die Orania Grondwet is ʼn vrywillige ooreenkoms wat onderling tussen al die inwoners van Orania gesluit word en wat bepaal hoe inwoners (eienaars of huurders) teenoor mekaar sal optree in sekere omstandighede. Van die belangrikste maatreëls in bogenoemde wat die nuwe eienaars beskerm is as volg: VAB kan slegs die Orania dorp verkoop met die instemming van die aandeelhouers by ʼn spesiale vergadering. Enige enkele aandeelhouer wat teen die besluit om die dorp te verkoop gekant is, kan volgens artikel 115 van die Maatskappywet die Hof vra om die voorgestelde verkooptransaksie te hersien en die verkooptransaksie mag dan eers voortgaan wanneer die hof sy goedkeuring gegee het. VAB kan slegs sy eiendom beswaar of lenings aangaan indien die nuwe eienaars dit goedkeur. Artikel 14 van die Wet op Beheer van Aandeelblokke bepaal dat 75% van die aandeelhouers, uitsluitend die Ontwikkelaar (dus slegs nuwe eienaars) so ʼn besluit moet goedkeur. Tans het VAB geen ander lenings as sy aanvanklike aandeelhouerslening van OBD af nie. Nuwe eienaars stel ʼn minimum van 2 direksielede aan volgens die Akte en Statute van VAB. In praktyk het Orania se nuwe eienaars die meerderheid van die Direksielede aangestel en stel OBD slegs 1 direksielid aan, soos aangedui in die notules van die jaarvergaderings van VAB. Volgens die Wet op Beheer van Aandeleblokke, moet die Direksie van VAB al die nodige versekeringspolisse uitneem wat die gewone aandeelhouers by ʼn aandeelhouersvergadering voorgeskryf het. Indien die direksie versuim om die versekeringspolisse uit te neem, is hulle persoonlik aanspreeklik vir die skade wat in die afwesigheid van die nodige versekering deur aandeelhouers gelei word. Bylaag A tot Koopkontrakte van Orania dui aan watter versekering deur die Dorpsraad uitgeneem word. Waarom ʼn aandeleblok? Soos reeds genoem is Orania se ontwikkeling en eiendomsreg gebaseer op die Aandeleblokskema nadat die Administrateur van die Kaapprovinsie OBD aandbeveel het om hierdie model te gebruik. Benewens die feit dat ek nie persoonlik hierdie gesprek bygewoon het nie, was ek slegs 8 jaar oud toe hierdie onderhandelinge gevoer is en kan ek nie die redes van die Administrateur weergee oor waarom die Aandeleblokskema die beste model vir ontwikkeling is nie. Ek kan egter wel ʼn vergelyking tref tussen die Aandeleblokskema en die alternatiewe vorme van eiendomsreg vir ʼn ontwikkeling, te wete voltitel en deeltitel. Die volgende tabel som die belangrikste verskille op wat vir die voortgesette ontwikkeling van Orania van belang is: Vergelyking van titeltipes Uit bogenoemde kan gesien word dat die Wet op Beheer van Aandeleblokke belangrike bevoegdhede aan die direksie van die Aandeleblokmaatskappye gee. In Orania se geval staan die Direksie van VAB bekend as die Dorpsraad. Die Dorpsraad word tydens die Algemene Jaarvergadering aangewys as verteenwoordigers van aandeelhouers. Die Dorpsraad beskik oor die vermoë om algemene heffings te hef vir munisipale dienste sonder dat BTW daarop betaal hoef te word. Die Direksie kan ook besluite neem wat Orania in staat stel om te ontwikkel. Die nadeel van ʼn Aandeleblokskema is dat nie alle banke aandeleblokke as sekuriteit aanvaar nie. Die rede hiervoor is dat banke die bykomende administratiewe las het om ook die finansiële toestand van die Aandeleblokmaatskappy te oorweeg en dop te hou wanneer aandeleblokke as sekuriteit gehou word en die meeste groot banke verkies om dit nie te doen nie. Daar is egter nie enige ander rede waarom aandeleblokke nie as sekuriteit kan dien nie, want die pandreg maak daarvoor voorsiening dat aandele as pand kan dien en daardeur sekuriteit vir ʼn lening kan vorm. Orania het van hierdie geleentheid gebruik gemaak om sy eie Koöperatiewe Bank op te rig wat onder toesig van die Reserwebank eiendomsontwikkeling op Orania finansier. Die OSK Koöperatiewe Bank is ʼn belangrike rolspeler in die voortgesette groei van Orania omdat hy dit moontlik maak vir mense om met lenings eiendom in Orania te bekom. Is alle eiendom in Orania deel van die Aandeleblok? Hoewel alle dorpseiendom binne in Orania deel van die Aandeleblok is, is daar plaasgedeeltes rondom Orania beskikbaar wat as voltitel eenhede verkoop word. Aangesien daar nie dorpsontwikkeling op hierdie eiendomme voorsien word nie, is hulle nie huidiglik deel van die Aandeleblokskema nie. ‘n Laaste woord Ek hoop dat hierdie artikel u sal help om eiendomsreg op Orania te verstaan. Eiendomsreg is egter ʼn tegniese en ingewikkelde onderwerp en hierdie artikel is nie bedoel as advies nie. Ek maak geen aanbevelings nie en dit is belangrik dat u advies bekom vanaf u professionele raadgewers wat u persoonlike omstandighede in ag sal neem alvorens u besluite neem wat u finansiële posisie mag beïnvloed. ...... VAN DIE KOMMENTARE OP DIE ARTIKEL Die een nadeel wat ek sien met voltitel en huiseienaarsveregings, is dat daar ‘n groter mate van regsonsekerheid bestaan by die gebruik van hierdie skemas. Anders as met deeltitel en aandeleblokke, is daar nie ‘n spesifieke wet wat die werking van hierdie skemas reguleer nie en val hulle onder die gemenereg. Gevolglik, so lyk dit vir my, is daar heelwat hofsake gevoer waar huiseienaarsverenigings betrokke was. In een onlangse hofsaak, Koka NO and Others v Willow Waters Home Owners Association (Pty) Ltd and Others (20361/12) [2013] ZAGPPHC 167 (13 June 2013), het die Hooggeregshof bepaal dat die huiseieaarsvereniging nie geregtig was om oordrag van eiendom te weerhou totdat sy heffingsrekening vereffen is nie. Nie alleen het die huiseienaarsvereniging die meer as R400,000 in agterstallige heffings verloor nie, maar dit het ook ‘n kostebevel teen hom gekry. Hierdie plaas na my mening ‘n onregverdige las op die res van die lede van die huiseienaarsvereniging wat kollektief hierdie koste moet dra. Dit is daarom duidelik dat die regsekerheid wat die aandeleblok bied nie ligtelik agtergelaat moet word nie. ....... Ek is heel gemaklik met aandeelblok, maar is Hannes ook reg. Met ‘n huiseienaarsvereniging kan die meeste kruisies by voltitel in regmerkies omgeskakel word. Boonop word titelvoorwaardes in die voltitel ingeskryf en wat dan aan die huiseienaarsvereniging die voordeel van huishoudelike bestuur gee. ‘n Ontwikkelaar asook later huiseienaarsvereniging sal ook indien sodanige voorwaarde bestaan kan onderverdeel en dies meer. Die aandeelblok se verdere nadeel is dat toestemming vanaf die Minister benodig word om dit op landbougrond te laat geld. Die eintlik voordeel van aandeelblokskema is kostes – die besparing van kostes by registrasie asook die moontlike belastings en heffings daarop. Aandeelblok gee ook meer sentrale beheer aan bv. die dorpsraad as wat met huiseienaarsvereniging die geval mag wees. Verder is voltitel maar in wese beter op langtermyn kapitaal beskerming. Vir Orania se unieke omstandighede kan die aandeelblokskema soos tans net so voortgesit word, daar bestaan nie veel redes hoekom dit in voltitel omgeskakel hoef te word nie. Dit werk en bied nie te veel beperkings op ontwikkeling nie. Huurpag, of persoonlike serwitute soos gebruiksreg of vruggebruik is natuurlik ‘n onding indien mens wil groei. Boonop bied dit geen sekuriteit vir bv. lenings nie en vorm ook nie deel van die “koper” se boedel nie. Jy mag ook nie sodanige regte aan aandele koppel nie. Om nie te praat van die sosialistiese aard daarvan nie. Deeltitel is natuurlik ook onprakties, veral omrede ieder en elke keer wat iets nuut gebou word (selfs net ‘n muur) die skema van vooraf in geheel geregistreer moet word. Die enigste werkbare opsies bly maar voltitel of aandeelblok en hier het Orania reeds die belangrikheid van beskaafde westerse regsreels op ons van toepassing besef: ‘n (volk)staat kan nie groei sonder die erkenning van individuele eiendomsreg nie. >>>> Anton VOORBEELD VAN N INSKRYWING OOR GEBRUIKSREG: Hier is Afsaal van Orania, waar ons ook die volgende inskrywings gekry het: NUUT IN DIE MARK: Pragtige 2 slaapkamerhuis met sonkragstelsel. Tans bestaan die 98m² huis uit ‘n groot oopplan sitkamer/ kombuis met ingeboude modern kombuiskaste en groot glas skuifdeure. Die slaapkamer is ruim met ingeboudekaste en het groot glasvenster wat noord wys. Die badkamer is modern en ruim met ‘n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is baie groot en word binnekort in 2 kleiner maar nogsteeds ruim slaapkamers omskep. Die tuin is pragtig met ‘n groen grasperk en ‘n pragtige blomtuin en tuin ornamente. Die werf agter is ook baie netjies met ‘n groot ronde vuurmaakplek en sement tafel en bankie kuierplek. Die erf is ±900m² groot, heeltemal omhein, en het ‘n dubbel motorafdak. Voldoende sonpanele en sonkrag geyser bied groot besparings maandeliks op krag. Die eiendom is in ‘n baie rustige omgewing, loopafstand van die CVO skool. PRYS: R875 000 Skakel ons gerus vir meer inligting 053 207 0040 https://facebook/afsaal.orania?fref=ts ~~~~> Die volgende kommentaar was gelewer op Facebook rakende verbruiksreg, wat onmiddellik mens se oog vang LET WEL: Hendrik Jacobs Kry mens n akte vir eiendom? November 17 at 10:29am · Like · 1 Hendrik Jacobs dis nou as mens hom koop November 17 at 10:30am · Like Afsaal Orania Jy kry n aandelesertifikaat vir gebruiksreg van die eiendom. Dit is deel van Kambro. November 17 at 12:59pm · Like · 1 Renet Smit Hi Paula. Is dit die huis in die deel v ons erf wat in n L-vorm loop? November 17 at 2:13pm · Like · 1 Hendrik Jacobs Hoe lank is gebruiksreg? November 17 at 3:57pm · Like · 1 Jaco Kleynhans Aandelesertifikaat? Kan jy dit asseblief verduidelik. November 25 at 5:43pm · Unlike · 1 Afsaal Orania Jaco jy is reg dis nie n sertifikaat as sulks nie dit n dokument wat jou as eienaar se aandeel in die Kambromaatskappy bevestig. Miskien is n beter benaming is aandele kwitansie. November 26 at 1:36pm · Edited · Like · 1 >>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>> BANKSAKE Ons het verstaan dat Orania het n eie bank en finansiele stelsel: Die ORA orania.co.za/wp-content/uploads//2014/11/Orania-Groeifonds-Pamflet-E-pos-2013.pdf Bankiers: >>>> Absa Hopetown OSK Kooperatiewe Bank Beperk Direkteure: FJD de Klerk (Voorsitter) , CB Swanepoel , J Kleynhans , CWH Boshoff en JC Strydom (>>>>> lees al die voorwaardes: Minimum enkelbedrag vir belegging: R10 100 is nodig vir die uitreik van aandele) Lees meer oor die ORA: orania.co.za/the-ora-as-facilitator-of-sled-prof-ronald-mears/ ~~~~> (bykomende omliggend tot Orania) Wie of wat is Vluytjeskraal-Noord Beleggings? Dit is ‘n Privaat maatskappy met 10 000 gemagtigde aandele wat geregtig is om 30% van die aandeelhouding in Vluytjeskraal Boerdery en Ontwikkeling Beperk te verkry. Daarvoor moet die maatskappy deur sy aandeelhouers R10 miljoen betaal. Indien die teikenbedrag nie gehaal word nie, sal die persentasie aandeelhouding pro rata verminder. Die beleggingsmaatskappy is ‘n nuwe maatskappy opgerig kragtens die 2008 Maatskappywet wat hierdie jaar in werking getree het, met die naam Vluytjeskraal Noord Beleggings (Edms) Bpk en met registrasienommer 2011/102262/07.” Die plaas is aangrensend aan die noordelike kant van die Afrikanerdorp Orania. Die oewer van die Oranjerivier, van Orania se oewerpark tot by die Vluytjeskraalbrug, vorm die oostelike grens van die plaas.‘n Gedeelte is oos van die Hopetown–Petrusvillepad en ‘n gedeelte is wes daarvan. Op die westelike gedeelte is die koppie, wat ‘n landmerk vir Orania geword het, geleë. vkn.co.za/kapitale-belegging/ Wat kry ‘n belegger? 1 aandeel in Vluytjeskraal-Noord Beleggings vir elke R1 000 wat belê word. Jaarlikse dividende uit inkomste wat uit die belegging verdien word. Daar word dus in die wins wat uit die ontwikkeling en boerdery gegeneer word, gedeel ooreenkomstig aandeelhouding. Gereelde verslag deur elektroniese media oor die ontwikkeling en beskikbaarstelling van erwe, met voorkeurgeleentheid om dit te bekom. Die vreugde om Orania se grondgebied uit te brei, nuwe inwoners en uitwoners te betrek en die ekonomie te versterk. ~~~~~ Is ‘n belegger aanspreeklik vir enige koste of verliese? Glad nie. Vluytjeskraal-Noord Boerdery en Ontwikkeling Beperk (tans Vidivision Beperk) dra al die koste en risiko. ~~~~~ Wie mag aandele opneem? Persone wat uitgenooi word en wat Orania se ideale ondersteun. Geen publieke aanbod vir aandele word gemaak nie. ~~~~~ Kan ‘n belegger sy belegging opvra? Nee, want dit is ‘n bydrae tot die kapitaal van die Maatskappy en gaan aangewend word as gedeeltelike betaling van die koopprys van die Plaas. Hy kan wel sy aandeel verkoop en oordra en op daardie wyse sy geld terugkry. Die waarde van sy aandele sal styg soos wat ontwikkeling van die Plaas plaasvind. ~~~~~ Tot wanneer is daar geleentheid om te belê? Tot aandele ter waarde van R10 miljoen opgeneem is. Kan kapitale beleggings gebruik word vir eiendom? Ja, Die belegger mag beskikbare eiendom bekom as sy belegging die volle koste van die eiendom kan dek. Aditionele inbetalings sal ook aanvaar word.Beleggers op eiendom kan ook hul eiendom oorskakel na Kapitale beleggings. Indien u ‘n belegging wil doen – Gaan na kortpad skakel regs op die blad Die belegger kry ‘n aandelesertifikaat ter bewyse van die belegging – Sien kortpad skakel regs ~~~~~ Gaan lees verdere inligting hierop: Direkteure verskyn hierop en verduidelik hoe die aandele werk vkn.co.za/skuldbrief/ Wie is die eienaars van die Plaas Die plaas is aangekoop van die Fourie Boerdery Trust deur Vidivision Beperk. Laasgenoemde maatskappy is in die proses van naamsverandering na Vluytjeskraal-Noord Boerdery en Ontwikkeling Beperk. Die registrasienommer is 2011/04469/06. ~~~~~ Wie is die direkteure van Vluytjeskraal-Noord Beleggings? Dit is vyf stigters lede en bekende inwoners van Orania met Manie Opperman as die voorsitter. Carel Boshoff iv, Lukas Taljaard, Martin Kemp en Willie du Plessis is die ander lede van die direksie. Die direksie sal jaarliks by die Algemene Jaarvergadering verkies word. Nuwe verkiesde direkteure sluit in Abraham van Zyl,Annamarie Laas en Harry Theron ~~~~~ >>>>>>>>>>>>>>>> SKAKEL MET DIE FAK>>>>>>>>>>>> Direkteure: Prof DP Goosen (voorsitter), mnr HC de Wet (ondervoorsitter), me A Bailey, mnr CWH Boshoff (iv), mnr PJW Buys, mnr FJD de Klerk, mnr PJ le Roux, dr EJ Marais, prof J van der Elst, mnr WF Waugh. Uitvoerende Hoof: Dr DJ Langner afrikaans.org.za/PDF/FAK%20Program.pdf SPITSBERAAD VAN DIE FAK: afrikaans.org.za/PDF/FAK%20Spitsberaad.pdf 2012 JAARSTAAT FAK npo.gov.za/PublicNpo/File/Download/15561949 DIREKTEURE: DP Goosen CWH Boshoff J van der Eist PJW Buys HC de Wet A Bailey pJ Le Roux WFWaugh FJD de Klerk (LET OP DIE ONDERSKEIE DONASIES) ~~~~~~~~~~~ ~~~~~~~~~~~ NOORDKAAP IDEAAL : VOLKSTAAT Nog n inisiatief voortspruitend uit die Volkstaatraad. Beide Noordkaap en Orania en ander inisiatiewe is goed bedoel, maar die eienaarskap van grond is n bekommernis. Dit stem ooreen met die huidige Trustgebied wetgewings van die kommunistiese regering, waar eienaarskap in trust gehou word, en eiendomsreg nie n reg is nie. Dit werk op die beginsel van aandeleblokskema (lees die verbruiksreg en verduideliking onder Orania hierbo). Die individuele volkslede ontvang nie kaart en transport nie. Enige veranderinge aan die trust se grondwet moet deur ‘n tweederdemeerderheid van alle belanghebbendes goedgekeur word deur middel van ‘n skriftelike stemming wat die wysigings duidelik verwoord. Alle skenkers wat bygedra het tot die trust, ongeag die waarde van hul bydrae, word outomaties ‘n lid van die trust en deel in alle voordele en is ook deel van enige besluitnemingsproses wat die trust raak. Aandeelhouers wat as gevolg van die aankoop van eiendom deel van die trust word, kry eienaarskap van die gedeelte wat hul eiendom is deur middel van ‘n aandeleblokskema (deeltitel) soos omskryf deur die wet op aandeleblokskemas. ~~~> Hoe kan enige volk vry wees as indiwidue nie grond besit nie, maar slegs verbruikersreg woonreg het deur middel van aandele? ~~~~ degoedehooptrust.org/Wie_is_ons.html De Goede Hoop Trust is ‘n Volkstrust wat geskep is om homself te vestig op die basis en beginsels van die Afrikaner Vryheidstigting; “Die Vryheidstigting beywer hom vir die herstel van die Afrikaner se vryheid in ‘n eie, demokratiese Republiek wat op grond van Christelike waardes en oortuigings ingerig word en wat die toepaslike vorm en mate van selfstandigheid in verhouding tot ander betrokke staatseenhede nastreef”. De Goede Hoop Trust funksioneer onafhankik van die Afrikaner Vryheidstigting, beywer hom om enige ontwikkelingsmaatskappy of koöperasie wat binne die geografiese grense van die voorgestelde Volkstaatgebied, ‘n eie, slegs Afrikaner-Boervolk ontwikkeling te wil begin, by te staan en te ondersteun. Om alle moontlike grondgebied binne die voorgestelde Volkstaatgebied te bekom vir die Afrikaner-Boervolk en te ontwikkel. Om die hervestiging van die Afrikaner-Boervolk in die voorgestelde Volkstaatgebied aan te moedig deur werksgeleenthede te skep. Om die Afrikaner-Boervolk binne die gebied by te staan met gebiedsbeskerming en die handhawing van wet en orde. Om bystand en befondsing te verleen met enige sosiale opheffingswerk en die beskerming van morele Christelikke standaarde binne volksverband. Dit sluit in opleiding sowel as welsynsprojekte. Om projekte te loods en te inisieer soos die Constantia-aandeleblok, wat bekostigbare behuising ontwikkel vir lae-inkomste pensionarisse.(tans besig daarmee). Ander projekte wat tans ter tafel is; (1) Die Strydenburg Volksplaas. (Kibboetz), (2) Die tehuis vir verswakte bejaardes (Strydenburg), (3) koshuisprojek te Prieska, (4)kinderhuis vir enkelouers wat tans in plakkerskampe vasgevang is(ouer en kinders tesame-Strydenburg).(5) Sake-ontwikkelling regoor die Volkstaatgebied, (6) Hulpverlening tot CVO skoleprojekte, (7) Die koop en ontwikkelling van ‘n vakansieplaas op die Weskus(Hondeklipbaai), (8) Om betrokke te raak met Afrikaner groeipunte soos Groenriviermond as dorpsontwikkeling soos Orania. degoedehooptrust.org/ De Goede Hoop Trust Wie is ons De Goede Hoop Trust is ‘n Volkstrust wat geskep is om homself te vestig op die basis en beginsels van die Afrikaner Vryheidstigting; “Die Vryheidstigting beywer hom vir die herstel van die Afrikaner se vryheid in ‘n eie, demokratiese Republiek wat op grond van Christelike waardes en oortuigings ingerig word en wat die toepaslike vorm en mate van selfstandigheid in verhouding tot ander betrokke staatseenhede nastreef”. De Goede Hoop Trust funksioneer onafhankik van die Afrikaner Vryheidstigting, beywer hom om enige ontwikkelingsmaatskappy of koöperasie wat binne die geografiese grense van die voorgestelde Volkstaatgebied, ‘n eie, slegs Afrikaner-Boervolk ontwikkeling te wil begin, by te staan en te ondersteun. Om alle moontlike grondgebied binne die voorgestelde Volkstaatgebied te bekom vir die Afrikaner-Boervolk en te ontwikkel. Om die hervestiging van die Afrikaner-Boervolk in die voorgestelde Volkstaatgebied aan te moedig deur werksgeleenthede te skep. Om die Afrikaner-Boervolk binne die gebied by te staan met gebiedsbeskerming en die handhawing van wet en orde. Om bystand en befondsing te verleen met enige sosiale opheffingswerk en die beskerming van morele Christelikke standaarde binne volksverband. Dit sluit in opleiding sowel as welsynsprojekte. Om projekte te loods en te inisieer soos die Constantia-aandeleblok, wat bekostigbare behuising ontwikkel vir lae-inkomste pensionarisse.(tans besig daarmee). Ander projekte wat tans ter tafel is; (1) Die Strydenburg Volksplaas. (Kibboetz), (2) Die tehuis vir verswakte bejaardes (Strydenburg), (3) koshuisprojek te Prieska, (4)kinderhuis vir enkelouers wat tans in plakkerskampe vasgevang is(ouer en kinders tesame-Strydenburg).(5) Sake-ontwikkelling regoor die Volkstaatgebied, (6) Hulpverlening tot CVO skoleprojekte, (7) Die koop en ontwikkelling van ‘n vakansieplaas op die Weskus(Hondeklipbaai), (8) Om betrokke te raak met Afrikaner groeipunte soos Groenriviermond as dorpsontwikkeling soos Orania. Algemene inligting Enige veranderinge aan die trust se grondwet moet deur ‘n tweederdemeerderheid van alle belanghebbendes goedgekeur word deur middel van ‘n skriftelike stemming wat die wysigings duidelik verwoord. Alle skenkers wat bygedra het tot die trust, ongeag die waarde van hul bydrae, word outomaties ‘n lid van die trust en deel in alle voordele en is ook deel van enige besluitnemingsproses wat die trust raak. LETWEL: EIENAARSKAP (NET SOOS MET ORANIA) Aandeelhouers wat as gevolg van die aankoop van eiendom deel van die trust word, kry eienaarskap van die gedeelte wat hul eiendom is deur middel van ‘n aandeleblokskema (deeltitel) soos omskryf deur die wet op aandeleblokskemas . Die trust mag begroot vir bemarkingsuitgawes. Die begunsdigdes Die Afrikanervolk Die trustees is: Mnr Leon Peacock Me Elsa Lourens Mnr Abraham de Wet Me Ansie Roets Mnr Ric Hern Mnr Dick Davel Mnr Willie Fourie Mnr Ruben Rens De Goede Hoop Trust Posbus 385 Hopetown 8750 Suid Afrika https://facebook/search/str/de%20goede%20hoop%20trust/keywords_top Heelwat skenkings is ook hier gedoen: https://facebook/permalink.php?story_fbid=510279902324975&id=109203672432602 ~~~~ KLEINFONTEIN ORANIA EN KLEINFONTEIN IS IDENTIES Die direksie van KBK het hierdie susterdorp (Orania) se aandeleblok–skema aanbeveel om na te volg. In 1990 het Prof. Carel Boshoff en ander afrikaners die plaas Vluytjeskraal aangekoop om daar ‘n mini volkstaat vir afrikaners te begin. Op advies van die toentertyd nog bestaande Kaapland se Administrateur het hulle toe die Vluitjeskraal Aandeleblok gestig , die VAB. Belangstellendes het aandele opgeneem en huise begin bou. Die dorp word bestuur deur ‘n Dorpsraad wat verkies word deur die aandeelhouers. In 2005 was daar groot moleste op Orania en ‘n deel van die inwoners het toe geloop. Hulle was ontevrede met die bestuur wat as ondemokraties ervaar is : die meerderheid aandele is gehou deur die inisiatiefnemers (prof Boshoff e.a) In later jare het die bestuur, dus die Dorpsraad, gemakliker, sagter, geword en ondervind Orania nou ‘n groeifase. In 2012 skrywe Quintin Diederichs in die Vry Afrikaner ‘n artikel met die titel “Hoe kan ons die Orania-model verbeter ?”. Hy besef dat ‘n aandeleblok-skema in homself nie voldoen aan die eis van ‘volksdemokrasie’ nie : alleen die aandeelhouers/eienaars het stemreg en die huurders en bywoners het geen sê nie. Ek stem heeltemal saam met hom. Hy het die plan geopper om aan ‘arm inwoners’ klein groentetuintjies van 50 m2 te verkoop, want dan word hulle mos ook aandeelhouers…. Dit was ‘n foefie. Maar dit toon ook die inherente probleem om van ‘n aandeleblok ‘n egte dorp te maak. Quintin skrywe : ”Volksdemokrasie is ‘n reg waarvoor ons voorouers gewerk, getrek, gesweet, gebloei en gesterwe het. Daarsonder is volksvryheid onhaalbaar”. Interessant is dat Orania ‘n hoogste gesagsorgaan het, die OVR : Orania Verteenwoordigende Raad, wat al die inwoners verteenwoordig , omdat alle inwoners betrek word by die verkiesing van dié raad. Die taak van die OVR is om by die owerheid Orania as ‘n munisipaliteit erken te kry Dit is ‘n lang storie met uitgerekte hofsake. In die praktyk van die dag, funksioneer hierdie OVR glad nie. Quintin pleit daarom vir direkte invloed van die OVR , d.w.s. dat die Dorpsraad ondergeskik word aan die OVR; dit sal m.i. neerkom op vervanging van die dorpsraad deur die OVR. Dit sal Orania inderdaad plaas op die gesonde basis van ‘n volksdemokrasie. Alleen dan kan Orania vir ons ‘n voorbeeld wees vrykleinfontein.blogspot/2014/07/orania.html ~ HUURPAG EN GEBRUIKSREG VAN GROND (DIT IS PRESIES WAT DIE TRUSTGEBIEDE EN TRUSTWETTE DOEN IN ONS SWART GEBIEDE) ONLY COMMUNAL RIGHTS Sunday, 27 July 2014 GEBRUIKSREG VAN GROND In 2012 het ek die moontlikheid van Gebruiksreg, ook Huurpag genoem, as ‘n vorm van eiendomsreg op Kleinfontein te gebruik, met Marius Coertze Prokureurs, Pta. bespreek en die volgende antwoord gekry Verder tot u navraag van 25 Oktober: Mens kan ‘n gebruiksreg oor plaasgrond (landbougrond) registreer. Indien u Albert Smit reg verstaan het, moet ek met respek van hom verskil. Gebruiksreg is nie afhanklik van die dorpsgebied nie. Die feit dat die emosionele verval van Kleinfontein sover verloop het, laat my dink dit is te laat om nou die saak op hierdie wyse te probeer red, dit sou ‘n briljante idee gewees het toe die nedersetting begin is. In die huidige situasie voorsien ek die volgende probleme: · KBK moet ook die dokumente teken, en hulle wil nie die inwoners tegemoet kom nie. Hulle is kwaadwillig. · Die oorspronklike titelakte (van die plaas) moet saam met die serwituut ingehandig word om die endossemente aan te bring. · Die oorspronklike titelakte is waarskynlik by ABSA as sekuriteit vir die verband van KBK. · ABSA gaan nie toestem tot die gebruiksregte nie, want dit neem hulle houvas en verhaalsreg teen KBK weg. As hulle die plaas op eksekusie moet verkoop, koop die koper die grond met ‘n klomp geregistreerde bewoners daarop. ABSA wil teen alle koste ‘n houvas hê vir die geld wat hulle uitgeleen het. Dit sal egter eers kan gebeur as ABSA se geld terugbetaal is. Die koste verbonde aan so ‘n gebruiksreg is baie min (nie meer as R1000,00 per woonhuis nie). Kommentaar : ek aanvaar die stelling dat gebruiksreg wel op landbougrond geregistreer kan word.. Dit het dus die groot voordeel dat dit nie nodig is om eers die dorp te formaliseer nie ! Elsabe Marius Coertze Prokureurs 25 ste Laan 827 Rietfontein Pretoria Ek verskil met hierdie regsadvies dat dit nou te laat is om te registreer. Sins 2012 het die kaarte heeltemal anders kom lê : almal op KF, ook die direksie , het belang by die voortbestaan van KF wat net op hierdie wyse van registrasie van gebruiksreg kan verkry word. Ook dink ek dat ABSA bereid sal wees tot medewerking aan die registrasie van gebruiksregte,omdat hy sal besef dat alleen op hierdie wyse sy verband veilig sal wees en hy nie tot sekwestrasie hoef oor te gaan : wie wil nou groot geld bestee aan ‘n informele nedersetting ? Om KF te bestuur sonder die hartelike samewerking van die inwoners, gaan ‘n turksvy wees : die huidige direksie sal dit bevestig…. Anton Zeevaart vrykleinfontein.blogspot/2014/07/gebruiksreg-van-grond.html ~~ HOFSAKE vrykleinfontein.blogspot/search?updated-min=2014-01-01T00:00:00-08:00&updated-max=2015-01-01T00:00:00-08:00&max-results=6
Posted on: Sun, 11 Jan 2015 20:09:55 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015