Characters are not born, like people, of woman; they are born of a situation, a sentence, a metaphor, containing in a nutshell a basic human possibility . . . the characters in my novels are my own unrealized possibilities. That is why I am equally fond of them and equally horrified by them. Milan Kundera “Ek” was al op die rug van ‘n albatros. “Ek” het al die son se slaapplek gaan soek. “Ek”het al een oggend wakker geword en toe is ek ‘n haas. Soms slaap “ek” onder ‘n blaar in ‘n diep en donker bos. “Ek” is al bedrieg en belieg. “Ek” het al ander beter lewenspaaie gekry om op te loop. “Ek” was al in ‘n eier. “Ek” het al in ‘n stad met twee mane en ‘n son geleef. “Ek” was al in ou Egipte. En so aan … Al die karakters is “Martie” maar nie een is “ek” nie en hulle is almal ek. Die bykarakters ook. hehe Carien Smith Izak de Vries
Posted on: Wed, 28 May 2014 07:50:50 +0000