DIE VERBOND TUSSEN GOD EN DIE MENS DEEL9. : SELFS AS DAAR IEMAND - TopicsExpress



          

DIE VERBOND TUSSEN GOD EN DIE MENS DEEL9. : SELFS AS DAAR IEMAND BO JOU IS WAT JOU WIL INDOEN SAL DIT NIE WERK NIE. Genesis 31:7-8 7maar julle vader het my bedrieg: hy het my loon tien maal verander. Maar God het hom nie toegelaat om my skade aan te doen nie. 8As hy sê: Die gestippeldes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestippeldes. En as hy sê: Die gestreeptes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestreeptes. Hy het net met R staf oor die Jordaan gegaan. Genesis 32:10 10ek is te gering vir al die gunste en al die trou wat U aan u kneg bewys het; want ek het met my staf oor hierdie Jordaan getrek en nou twee laers geword. Genesis 33:11 11Neem tog my begroetingsgeskenk wat u aangebied is, want God het my genade bewys, en ek het volop. En hy het by hom aangehou, sodat hy dit aangeneem het. Josef Josef, Jakob se seun was deur sy broers verkoop as ‘n slaaf, maar dit het nie die Here gekeer om Sy verbond in Josef se geslag op te rig nie. Dit maak nie saak of hulle hom in die tronk gegooi het nie, hom vals beskuldig het nie…. Genesis 39:2-3 2En die HERE was met Josef, sodat hy ’n voorspoedige man was; en hy het in die huis van sy heer, die Egiptenaar, gebly. 3En toe sy heer sien dat die HERE met hom was, en dat die HERE alles wat hy doen, in sy hand voorspoedig maak, Die voordele van die verbond kon nie gekeer word in die lewe van ‘n erfgenaam van Abraham nie, solank as wat hy op grond van die woorde van die verbond wandel nie. Deur om God te gehoorsaam en te glo dat God in staat is om te doen wat Hy belowe het. Hierdie verbond kan selfs ‘n slaaf so voorspoedig maak dat sy meester deel daarvan sal wil hê. Selfs in die tronk… Genesis 39:21-23 21Maar die HERE was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis. 22En die owerste van die gevangenis het almal wat in die gevangenis opgesluit was, aan Josef toevertrou; en alles wat daar te doen was, het hý gedoen. 23Die owerste van die gevangenis het glad nie na iets omgekyk wat aan hom toevertrou was nie, omdat die HERE met hom was; en wat hy doen, het die HERE voorspoedig laat wees. Die verbond van Abraham was opgerig en gevestig in die geslag van Josef ten spyte van sy omstandighede. Hy het slegs 13 jaar voor dit in Egipte gekom as ‘n slaaf en van die tronk bevorder tot eerste minister (wat ´n reuse bevordering) Genesis 41:42-43 42Toe trek Farao sy seëlring van sy hand af en sit dit aan die hand van Josef; en hy het hom fyn linneklere laat aantrek en die goue ketting om sy hals gehang 43en hom laat ry op sy tweede rytuig; en hulle het voor hom uitgeroep: Pas op! So het hy hom dan oor die hele Egipteland aangestel. Ons Handelinge 13:32-33 32En ons bring julle die goeie tyding van die belofte wat aan die vaders gedoen is, dat God dit aan ons, hulle kinders, vervul het deur Jesus op te wek, 33soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer. 17 Hebreërs 6:13-14 13Want toe God aan Abraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer 14en gesê: Voorwaar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder. Hebreërs 2:16 16Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. Dit is nou R verbond op beter beloftes. Hebreërs 8:6 6Maar nou het Hy ’n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ’n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. Galasiërs 3:13-14 13Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ’n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ’n hout hang — 14sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang. Galasiërs 3:29 26Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; Galasiërs 3:29 () 29En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename. Efesiërs 2:12-13 (NKJV) 12 that at that time you were without Christ, being aliens from the commonwealth of Israel and strangers from the covenants of promise, having no hope and without God in the world. 13 But now in Christ Jesus you who once were far off have been brought near by the blood of Christ. Efesiërs 2:12-13 12dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. 13Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Deuteronomium 8:17-18 17en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe. 18Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het, soos dit vandag is. Laat ek u vertel dat ons as die Kerk vêr onder ons verbondsregte en voordele leef as erfgename. Baie mense dink dat Bill Gates se fortuin is sensasioneel en wil mense dit graag erf, maar ek wil vir u sê dat Bill Gates kan nie eers begin om Abraham te koop nie. EINDE VAN DEEL 9 DEEL 10 VERVOLG MET … HOE HET ABRAHAM ONTVANG?
Posted on: Mon, 23 Sep 2013 11:09:12 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015