Die einde van die jaar is al in sig en Kersfees wink. Die kinders - TopicsExpress



          

Die einde van die jaar is al in sig en Kersfees wink. Die kinders se geskenke was sekerlik al in n paar gesprekke genoem, maar hoe maak n mens seker dat jou geld dit hou? Jy stel n realistiese begroting op wat in weke werk. Maw. Jy prioritiseer jou belange en stel doelwitte vir die bedrae wat jy kan spaar. Desember is n 45 dae maand wat gewoonlik begin op 15 Desember en eindig op 31 Januarie. Baie mense word verras deur debiet orders wanneer die jaartal oorslaan en sit dan met n droewige Februarie as gevolg van Desember. My voorstelle. Wees realisties, vermy die impuls deur vooraf te besluit wat gekoop moet word, maak n deeglike lys, eet voor jy gaan shop en gee eerder geskenk bewyse as om honderde rande op simpel geekenke uit te gee. Beloon jouself in Januarie.
Posted on: Sun, 17 Nov 2013 20:20:46 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015