Openbaring 19 1 En ná hierdie dinge het ek iets soos ‘n groot - TopicsExpress



          

Openbaring 19 1 En ná hierdie dinge het ek iets soos ‘n groot stem van ‘n groot menigte in die hemel gehoor wat sê: Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God! 2 Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek. 3 En vir die tweede maal het hulle gesê: Halleluja! En haar rook gaan op tot in alle ewigheid. 4 En die vier en twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval en God aanbid wat op die troon sit, en gesê: Amen, Halleluja! 5 En ‘n stem het uit die troon uitgegaan en gesê: Prys onse God, al sy diensknegte, en julle wat Hom vrees, klein en groot!
Posted on: Wed, 02 Oct 2013 07:54:53 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015