PA, Goeie more,Pa, hoe gaan dit? Maar die antwoord kom nie terug - TopicsExpress



          

PA, Goeie more,Pa, hoe gaan dit? Maar die antwoord kom nie terug nie. Vandag is jou verjaarsdag en hoe smag ek net om jou stem te hoor om net te kan se "Dankie my kind,maak n bietjie koffie vir Pa asb." Dan wens ek eers ek het meer maal vir jou koffie gemaak en nie altyd gesug as jy my dit gevra het nie. Hulle se altyd met tyd raak dit makliker, maar ek dink hoe ouer ons word verlang ons meer. Ag liewe Jesus vandag is my hart so seer en verlang ek na my Pa ons as kinders besef nie hoe spesiaal hulle is nie wanneer hulle nog by ons is nie,ons dink altyd ons ouers is vervellig en oud maar nou dat ons ouer is en hul nie meer daar is nie besef ons hoe wonderlik hul was. Ja hulle het ook foute gemaak in hulle lewens maar hulle was ook maar mens. Net soos ons ook maar leer deur ons foute. Ek wens elke dag as ek maar net nog eendag saam met hom kon spandeur, as ek maar net nog vir eendag sy stem kon hoor of sy lag. As hy maar net nog vir eendag vir my kon raad gee. Maar ek dra hom so diep in my hart en ek dink elke dag ook aan hom met al die seer wat hy ook gedra het wat ons nie verstaan het nie. Ek weet hy was lief vir sy kinders en al sy kleinkinders en hy het altyd van so veel trots gepraat van ons almal. Stout was hy goed en eet kon hy ook goed doen, Pa vanoggend kom ek voor Jesus en ek vra Hom om asb net sy Telefoon lyn deur te sit na u toe sodat ek vir u kan se, Jys altyd by my en ek weet jy en Mammie dans in die Hemel rond soos julle altyd saam gedans het. Ek weet ook jy noem haar nog TINKIE soos altyd. Ek weet ook dat al twee van julle na ons almal kyk en dat julle lief was vir ons. Vandag mag jy of jou verjaarsdag maar n wisky drink en Mammie mag n koek vir jou bak. Ek sal altyd lief wees vir jou. Lekker verjaar my DAD.
Posted on: Sat, 17 Aug 2013 06:43:18 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015