Ek BID dat daar op hierdie oomblik ‘n KALMTE van die HERE oor - TopicsExpress



          

Ek BID dat daar op hierdie oomblik ‘n KALMTE van die HERE oor JOU sal toesak … sommer NOU terwyl jy hier lees. Die STRES en bekommernis TAP uit jou soos water uit ‘n dam. Jy begin stadiger ASEMHAAL. Jou spiere begin ONTSPAN. Jy FRONS minder en jy ervaar selfs ‘n effense GLIMLAG. Dit voel soos skoon water wat oor jou SPOEL en jou moegheid en spanning WEG WAS. Jy ervaar net dat dit EK is wat vir jou sê: Moenie vrees nie. Ek sal alles vir jou TEN GOEDE laat meewerk. Daar vloei nou nuwe ENERGIE deur jou liggaam van kop tot tone. Op hierdie oomblik begin jou gedagtes VERHELDER. Dis soos ‘n LIG wat aangeskakel word in ‘n donker vertrek. Dis net EK wat dit vir jou kan doen, sê die HERE. Jy is GEREED daarvoor. Geniet n wonderlike week ........zell
Posted on: Mon, 02 Dec 2013 04:01:24 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015