Hier is, na my mening, die gemiddelde volgorde van die lewe: - - TopicsExpress



          

Hier is, na my mening, die gemiddelde volgorde van die lewe: - dit gaan goed met jou - dan vlieg die volstruis in die windpomp in (dit is mos die Afrikaanse uitdrukking vir die pawpaw strike die fan) - dan begin jy skarrel, jy maak planne, jy probeer dinge regkry, jy sukkel - dan gaan soek jy hulp by mense – en word dikwels teleurgestel - dan gaan jy na God toe en probeer met hom ‘n “deal” aangaan (jy weet, Here as U my help dan sal ek dit of dat doen, of prysgee, ens) - dan gee jy Hom ‘n bietjie raad en ‘n paar voorstelle en tydskedules van hoe Hy jou probleem kan oplos - dan eers begin jy opkyk na die berge – oorgegee aan Iemand groter as jy - dan, uiteindelik, iewers, vertrou jy net op Hom ...eers as niks anders werk nie, soek ons na Hom. Hoekom begin ons nie by die laaste punt nie? “Ek kyk op na die berge” spreek vir my van vertroue, en van aanvaarding en van oorgee.
Posted on: Fri, 13 Sep 2013 20:56:54 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015