Toe ek so tien jaar oud was het ek twee rand n week sakgeld gekry - TopicsExpress



          

Toe ek so tien jaar oud was het ek twee rand n week sakgeld gekry of was dit nou n maand? Ek het na die kaffee gegaan en n sak skorsies het my oog gevang. Dit was n groot sak vir twee rand. Ons het nie skorsies nodig gehad nie maar toe dink ek dit goed om die sak te koop en vir my ma te vat. By die huis aangekom met die sak skorsies oor my skouer en heel in my skik, was mamma toe nie tevrede met my wat al my geld geblaas het op dit nie! Dit het seer gemaak want ek het gedink ek doen goed. Hoe belaglik dit kan klink vir baie mense, vir my was dit n issue en ek kan dit deel en vandag kan ek die Here vra om bly te wees as my kind vir my n sak skorsies koop al het ek dit nie nodig nie.
Posted on: Fri, 30 Aug 2013 04:36:47 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015