Die voorsitter van die Parlement se Portefeuljekomitee oor - TopicsExpress



          

Die voorsitter van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie, en ANC LP, Annelize van Wyk, sê daar is bewyse van wangedrag onder van die privaat veiligheidsmaatskappye in die land. Sy sê hulle is na bewering betrokke by onwettige bedrywighede soos die meeluistering van privaatgesprekke van Suid-Afrikaanse burgers. Dit kom terwyl die debat oor buitelandse eienaarskap van die veiligheidsbedryf begin momentum opbou. Die wysigingswetsontwerp op Privaatveiligheid, wat die veiligheidsbedryf wil beheer, maar voorsiening vir n beperkte buitelandse eienaarskap van die veiligheidsbedryf tot 49 persent en 51 persent Suid-Afrikaanse eienaarskap. Die DA se woordvoerder oor Polisie, Dianne Kohler-Barnard, het intussen enige bewyse oor veiligheidsmaatskappye in buitelandse besit bevraagteken.... RSG
Posted on: Wed, 20 Nov 2013 21:12:53 +0000

Trending Topics



16, 2013 by
Infiniti QX56 Headphones and DVD Remote 2004 2005 2006 2007 2008
Little Pieces Quiles Family....Working Together to live with
going to visit a friend and chill for a bit... Crossing fingers

Recently Viewed Topics




© 2015