Gedagte vir die dag Daar was eendag n riet ,wat bitterlik gekla - TopicsExpress



          

Gedagte vir die dag Daar was eendag n riet ,wat bitterlik gekla het omdat sy eienaar hom gedurig met n mes gesny het. Maar die eienaar het aangehou om kepe in die riet te sny. Uiteindelik het die eienaar ophou sny en Het toe hy die riet voor sy mond sit,het hy die mooiste klanke daaruit laat voorkom. Die riet het in n fluit verander,die pyn was nodig vir verandering................... Soms laat die Here dat daar swaarkry of hartseer in ons lewe kom,sodat ons leer om op Hom te Vertrou vir iets mooi wat Hy vir ons in plek het!!!!!! Gebed Here wanneer ons verlang na n lewe sonder swaarkry en hartseer, Herrinner ons asseblief daaraan dat eiekebome sterk word in Storm wind en diamante onder druk gevorm word. Help ons om nie te vra vir minder probleme ni, maar vir meer Vaardigheid. Ook nie vir minder uitdagings nie maar vir meer wysheid. God seen ook elke persoon wat die boodskap lees. AMEN. Mag elkeen n geseende dag in Jesus he. Dat ons die gedagte vat en dat dit ons sal herinner aan God se liefde vir ons en dat hy ons nooit sal faal nie!!!! ONS AANBID N WONDELIKE GOD
Posted on: Thu, 08 Aug 2013 05:52:55 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015