Azettienne gedigte/poetry by Azette Wiesner ~NAGWAAK~ Jy’t - TopicsExpress



          

Azettienne gedigte/poetry by Azette Wiesner ~NAGWAAK~ Jy’t gaan loop oor die wye soutpanne laasjaar, en toe die nag al kleinkoppie trek het jou seunslyf bang en vás teen my kom lê. Jou wapenrusting was die leerbandjie met die marokkaanse silwer wat ons dáárdie aand afgehaal het van sy nek; sy Leatherman en jou boetie se koplig– (‘n lamp vir jou voet ‘n swaard vir jou hand en die sweet van sý nek teen joune) Ek het jou gewas met ‘n enkeltraan toe jy uiteidelik slaap en elke druppel van Sy Bloed gepleit oor jou lyf. Jy het ‘n vetkers teruggebring vir sy foto want hy’t belowe om jou sélf te vat - ééndag. Nou slaap ek nooit meer nie; ek hou wag en hoor die buurt se honde blaf en elke dag roep verlang in jou oë. Lééf is ‘n kalendermaand aand na aand want hierdie uur en hierdie pyn dra nie tyd met hom saam. Ek mis hom óók my seun - ek mis hom só. AZETTIENNE 2013/06/14 Kopiereg.
Posted on: Fri, 14 Jun 2013 21:37:39 +0000

Trending Topics



s="stbody" style="min-height:30px;">
GEJ & THE BOILING FROG-EXPERIMENT: If you put a frog in a vessel
well as some of you may or may not know Ken Durston likes to come

Recently Viewed Topics




© 2015