Heb 6:1 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking - TopicsExpress



          

Heb 6:1 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, Heb 6:2 van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel. Heb 6:3 En dit sal ons doen as God dit toelaat. Heb 6:17 Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van sy raad wou toon, dit met ‘n eed gewaarborg; Heb 6:18 sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê; Heb 6:19 en ons het dit as ‘n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel Heb 6:20 waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek ‘n hoëpriester geword het vir ewig.
Posted on: Tue, 20 Aug 2013 18:59:06 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015