Hoekom dit nie rassisties om slegs witmense te help nie. Die - TopicsExpress



          

Hoekom dit nie rassisties om slegs witmense te help nie. Die verkorte rede is dat dit sal beteken dat miljoene swart rassiste in die land is, en soos ons almal wees kan die swartbevolking nie rassisties wees nie. Paar weke terug het ek toe moes die briljante idee gekry om ‘n Nie-winsgewende organisasie te stig wat slegs die witbevolking gaan bystaan. Van die begin af het ek geweet dit gaan ‘n opdraande stryd wees om die organisasie befonds te kry. Ek het begin navorsing doen en gevind dat daar soort gelyke organisasies bestaan wat uitsluitlik net die swartbevolking bystaan. Die Konstitusie van Suid-Afrika waarborg die reg tot vrye assosiasie in paragraaf 18, wat lees “Elkeen het die reg tot vryheid van assosiasie”. Dit laat mens wonder hoekom daar dan so baie opgehef gemaak word wanneer groepe van die blanke bevolking dan besluit om hierdie reg te gebruik en eenkant op hulle eie gaan bly, waar hulle niemand pla nie en net hulle ding doen, hulle kultuur uitleef en hulle geskiedenis beskerm. Hoekom word dit gesien as ‘n sosiale “misdaad”? Daar bestaan geen universeel aanvaarde definisie vir rassisme nie, en omtrent almal gebruik dit in die verkeerde konteks. So vêr my kennis strek is daar geen wette teen rassisme nie (seker omdat niemand kan saamstem wat die definisie is nie), slegs wette teen diskriminasie. Protesoptogte teen lede van die blankebevolking omrede hulle die reg van assosiasie soos wat beskerm word deur ons land se hoogste wet moet dus gesien word as diskriminasie. Diskriminasie teen ‘n etniese groep en teen ‘n kultuur. Die waarheid is dat dit slegs gebeur wanneer mense van die blankebevolking besluit om so iets te doen, maar wanneer enige ander etniese groep in Suid –Afrika dit doen word dit gesien as beskerming van hulle kultuur. Is hierdie moderne onverdraagsame liberale nou regtig van plan om ons van ons kultuur en ons geskiedenis te ontneem ook? Dit is uiteraard my besluit waar ek wil bly en met wie ek myself omring, net soos dit hulle besluit en reg is. Weereens verkondig hulle een ding maar doen die teenoorgestelde in praktyk. Julle kan maar dophou dit is ‘n patroon wat homself telkemale herhaal. Ten spyte van die feit dat almal dink dat 1948 -1994 die grootste menseregte skending was sedert Nazi Duitsland, het ons vandag swart geleerdes en ‘n swart entrepreneur wat reken dat onderrig was van ‘n hoër gehalte voor 1994. Feit van die saak is voor 1994 het ons eie swart bevolking nie nodig gehad om te kompeteer vir werk teen die bevolkingsgroepe van die buurstate nie. Die blanke kry egter nog steeds die blaam hiervoor. Ons het selfs Switserland wat deesdae sogenaamde “Apartheidswette” begin toepas om hulle burgers en kinders veilig te hou. Die feit is dat ons nie almal dieselfde is nie, en dat ons nooit almal dieselfde gaan wees nie. Die aarde word nie bewoon deur ‘n spul gekloonde pers, met blonder hare en bruin oë en skewe tand wesens nie. Ons verskil ten opsigte van ons verwysingsraamwerke ons basiese fondamente verskil. Ek is deesdae so gewoond om ‘n rassis genoem te word dat dit my nou maar minder skeel, is net ‘n naam wat aan jou gegee word sodat hierdie sub-spesie van donkies (moderne liberale) nie nodig het om feite te debatteer nie. Om te erken dat daar wel kulturele en fisiese verskille tussen die onderskeie etniese groepe bestaan is nie rassisties nie, dit is feit. Ek gee nie om waar dit vandaan kom nie, dit is ‘n integrale deel van ons, en dit ons plig en ons reg om dit te beskerm, net soos wat enige ander etniese groep het reg en verpligting het. Deurdat ek verkies om die blankebevolking te help is dit ‘n poging om ons kultuur en ons geskiedenis te beskerm, asook om ons menswaardigheid terug te kry wat van sommige onder ons weg geraap is en ander nie vêr daarvan is om dit te verloor nie. Hierdie gaan nie oor ras in die sin van wie is beter nie, wie het beheer oor die ander nie. Hierdie gaan oor ‘n bevolkingsgroep wat ander lede van hulle eie groep help om weer op te staan en ook trots te staan. Hierdie gaan oor ons konstitusionelereg tot vryheid van assosiasie om ons erfenis, ons kultuur en ons geskiedenis te beskerm, want dit maak nie saak of dit goed of sleg is of was nie, dit is deel van ons. Dit wil ook vir my voorkom of ek nie die enigste een is wat hierdie denkwyse deel nie, want soos ek vroeër genoem het is daar organisasies wat slegs die swart bevolking ondersteun, dus indien iemand my wil uitkryt as ‘n rassis omdat ek eerder die blankebevolking wil ondersteun, moet die ander swart organisasies ook rassiste wees volgens hierdie verkrampte redenasie. Dit is algemene kennis dat omtrent die hele wêreld en die helfte van Suid-Afrika by dra tot organisasies wat vir die meerderheid slegs die swart bevolking ondersteun. Regerings beleid penaliseer enige besigheid wat skenkings doen aan organisasies wat slegs blanke organisasies ondersteun in die vorm van minder tot geen punte op hulle S.E.B. punte kaart. Hou ingedagte dat welsynsorganisasies besig is om die regering se werk te doen wat hulle nie wil en/of kan doen nie. Selfs die opposisieparty staan hierdie diskriminasie voor, so waar laat die blankebevolking waarvan meeste so getrou vir hier die party stem? Ek wil nie politiek praat nie, maar het dit genoem om te wys dat politici aan beide kante min bekommerd is oor agtergeblewe blankes in Suid-Afrika. Dit is ons plig om na ons broers en susters om te sien sodat ons kan verseker dat ons kultuur, ons erfenis en ons geskiedenis behou bly. Ons moet ons elf eers weer op die been kry voordat ons ander help, want anders is ons soos iemand wat probeer om ‘n persoon red wat besig is om te verdrink sonder die nodig opleiding wat moontlik na twee sterftes lei. Ek het vrede gemaak dat ons laaste (of eerder glad nie) op die lys is van menigte welsynsorganisasies is wanneer dit by ondersteuning kom nie. Ek het ‘n keuse gemaak oor wie ek wil help, en dit is net toevallig dat hulle lede van die blankebevolking is. Hierdie gaan oor meer as net velkleur, maar ongelukkig gaan menigte NIE verby die velkleur kan of wil sien nie. Ironies genoeg is dit juis die wat “RASSIS” skreeu wat die grootste rassiste is. Indien ons in ‘n wêreld wil leef waar aanvaarding en toleransie die voorbeeld is moet ons aanvaar en verdra dat nie almal van ons dieselfde waardes, norme, geloof, politieke uitkyk, geskiedenis, kultuur en morele waardes deel nie. Ons moet die feit aanvaar dat almal nie saam wil bly nie, magtig man ons het in die blankebevolking mense wat nie saam in ‘n sekere area wil bly nie. Dit maak nie saak hoe jy redeneer of debatteer nie, dit is die mens se natuur en NIKS gaan dit verander nie. Feit is jy kan nie etniese verskille weg redeneer nie selfs al probeer jy hoe hard ook al. Dit is slegs ‘n vermorsing van energie, wat beter gebruik kan word om moorde op te los, HIV/VIGS te bekamp, korrupsie in die regering stop te sit, paaie wat in haglike toestande is en die lys hou nie op nie.
Posted on: Tue, 20 Aug 2013 09:39:21 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015